NWU Besigheidskool is gasheer vir internasionale paneel oor krisis in Oekraïne

Dit is een van die beduidendste optredes van aggressie in die 21ste eeu wat een land teenoor ’n ander gepleeg het. Die Russiese inval van Oekraïne kan gevolge inhou wat amper ondenkbaar is en wat deur die annale van die geskiedenis gaan weerklink.

Op Woensdag 2 Maart 2022 het die Besigheidskool van die Noordwes-Universiteit (NWU) nog ’n Pitso-webinaar aangebied – ’n relevante vergadering van leiers op hulle onderskeie kundigheidsgebiede. Die jongste webinaar was getiteld Crisis in the Ukraine: political and economic implications, en ’n paneel kundiges het hulle sienings bespreek oor hierdie groot internasionale gebeurtenis en die moontlike sosio-politieke gevolge wat dit vir Suid-Afrika kan inhou. Die geleentheid is digitaal op Zoom gehou en daar was meer as 250 deelnemers.

Die paneel het bestaan uit prof Hussein Solomon, senior professor in die Departement van Politieke Wetenskap aan die Universiteit van die Vrystaat, dr Remigiusz Gawlik, ’n geopolitieke spesialis aan die Krakow Universiteit van Ekonomie in Pole, dr Mladen Mrdalj, ’n dosent in Balkanse en Internasionale Politiek by Webster Universiteit in Oesbekistan, en dr Oscar van Heerden, wat die adjunk-visekanselier van die Universiteit van Fort Hare is.

 

Onderwerpe wat bespreek is, het ingesluit:

  • Wat is president Vladimir Putin se uiteindelike plan?
  • Gaan kernwapens gebruik word?
  • Is ekonomiese sankies voldoende?
  • Gaan ons ’n eskalasie of de-eskalasie van die oorlog sien?

 

Die geleentheid het weer eens die doelwit van die NWU Besigheidskool beklemtoon om voort te gaan om oop en eerlike besprekings te fasiliteer oor aktuele kwessies wat samelewings raak.

 

 

Prof Hussein Solomon

Senior professor in die Departement van Politieke Wetenskap,

Universiteit van die Vrystaat

 

 

Dr Remigiusz Gawlik

Geopolitieke spesialis, Krakow Universiteit van Ekonomie, Pole

 

Dr Mladen Mrdalj

Dosent in Balkanse en Internasionale Politiek aan die Universiteit in Kazakstan

 

 

Dr Oscar van Heerden

Adjunk-visekanselier, Universiteit van Fort Hare

 

Deur Bertie Jacobs

Submitted on Tue, 03/08/2022 - 09:15