Mensgerigte Stories

NWU gaan uiteindelik in April Hokkie Wêreldbeker aanbied

Bertie Jacobs

Dis nie ’n grap nie. Die Noordwes-Universiteit (NWU) gaan vanaf 1 April die gasheer vir die 2022 FIH Junior Vrouehokkie Wêreldbeker op die Astroturf-velde in Potchefstroom wees.

Dit is die negende keer dat die gebeurtenis aangebied word, en dit sou in Desember plaasgevind het, maar die…

Susan Cilliers: Dokumenteer die bose

Dit was die dubbele moord wat ’n gemeenskap geruk en ’n nasie geskok het. Op Saterdag 26 Mei 2018 het die 19-jarige Xander Bylsma vir Sharnelle Hough (17) en Marna Engelbrecht (16) in hulle koshuis in die klein dorpie Stella vermoor.

Hierdie hegte landbougemeenskap in Noordwes was…

Eagles trap Shimlas

Die doeltreffendheid van die styl van rugby wat die Shimlas tot dusver gespeel het, is uit alle oorde geloof. Gesaghebbendes het hulle ondernemende speelstyl geprys, asook hulle bereidwilligheid om met die bal te hardloop.  Hulle verlies teen Wits het ’n paar krake in hulle indrukwekkende wenmondering uitgewys, en toe, op Maandag 14 Maart in…

Siviwe Tyobeka: Wêreldburger wat kan

Dit is aanvanklik nie opmerklik nie. Eers wanneer Siviwe Tyobeka die verhaal van haar kinderjare vertel, begin jy dit hoor. Dofweg en buitengewoon. ’n Wonderlike intonasie. Die klank van die wêreld.

Siviwe is in Johannesburg gebore, maar hulle het na die Verenigde State van Amerika verhuis toe sy net agt maande oud was, aangesien haar…

Ekonomiese groei is ’n welkome herstel

Suid-Afrika se ekonomiese groei van 1,2% in die vierde kwartaal van 2021 het ’n oorkoepelende positiewe groei van die bruto binnelandse produk (BBP-groei) van 4,9% in 2021 opgelewer, wat ná die rampspoedige -6,4%-groei in 2020’n welkome herstel van die ekonomie is. 

Volgens prof Raymond Parsons, ekonoom van die…

NWU Eagles weer terug op koers

Hierdie oorwinning het vir hulle alles beteken. Die NWU Eagles het nie net die vorige kampioene en gereelde finaliste UP-Tuks tydens hulle Varsitybeker-ontmoeting in Potchefstroom op Maandag 7 Maart met 17–8 gewen nie, hulle 2022-veldtog is ook weer terug op koers.  

’n Rooikaart het…

HART stap vir Wêreldvetsugdag

Die Fakulteit Gesondheidswetenskappe aan die Noordwes-Universiteit (NWU) het op Vrydag 4 Maart Wêreldvetsugdag herdenk. Die Hipertensie in Afrika-navorsingspan (HART) het besluit om by NWU Welstand aan te sluit en het ’n gemaklike stappie deur die kampus gereël om mense van vetsug bewus te maak. Die stap het by die amfiteater op die…

NWU Besigheidskool is gasheer vir internasionale paneel oor krisis in Oekraïne

Dit is een van die beduidendste optredes van aggressie in die 21ste eeu wat een land teenoor ’n ander gepleeg het. Die Russiese inval van Oekraïne kan gevolge inhou wat amper ondenkbaar is en wat deur die annale van die geskiedenis gaan weerklink.

Op Woensdag 2 Maart 2022 het die Besigheidskool van die Noordwes-Universiteit (NWU) nog ’n…

Maatskaplike innoveerders kan nou digitale storievertelling gebruik om hulle oplossings te deel

Danksy die bekendstelling van die Digitale Storievertellingspilpunt van die Noordwes-Universiteit (NWU), het maatskaplike innoveerders nou ’n spliternuwe platform waar hulle oplossings vir hulle gemeenskappe se uitdagings kan deel.

Befondsing wat van die Europese Unie se program Erasmus+ (https://erasmus-plus.ec.europa.eu/opportunities-…

Kundigheid kom na ons mense toe

Die Noordwes-Universiteit se Besigheidskool het hulle eerste Think Tank voor ’n lewendige gehoor in Somerset-Wes gehou waar die Minister van Finansies se nasionale begrotingstoespraak deur ’n paneel kundiges ontleed en bespreek is.

Hierdie inisiatief vorm deel van ’n reeks skakeltoere wat die skool vir 2022 beplan het. Meer as 150 mense…