Mensgerigte Stories

Dr Bismark Tyobeka oor Suid-Afrika se toekoms met kernkrag

Die debat oor kernkrag is nou al meer as ’n driekwarteeu aan die gang.  Voorstanders daarvan hemel steeds die deugde daarvan op, terwyl dié wat daarteen gekant is, vas glo dat die risiko’s swaarder as die voordele weeg. Die bekende kernerenergiekundige en visekanselier van die Noordwes-Universiteit (NWU), dr Bismark Tyobeka, is onlangs benoem…

Baie kundigheid tussen al die blare van TREES versteek

Wanneer ons oor toerisme dink, kom beelde van lang safariroetes deur die Afrikabos, luilekker dae in die son op die wit sand van ons ongerepte strande en die pragtige argitektoniese meesterstukke – vreemd en ook eiesoortig – by ons op. Toerisme is egter ’n komplekse bedryf wat aan die nukke en grille van ’n ongelooflike aantal veranderlikes…

NWU gee erkenning aan Comrades-helde

Die Noordwes-Universiteit (NWU) het op Woensdag 7 September aan twee uitstaande persone vir hulle durf, vasberadenheid en deursettingsvermoë tydens die 2022 Comrades Marathon erkenning gegee. Dit het plaasgevind tydens ’n geleentheid waar uitgaande Raadslede vir hulle bydrae tot en dienste aan die NWU vereer is.  

Tete Dijana, wat werk…

Professor sit NWU-tradisie op gewilde radioprogram voort

’n Trotse tradisie om standpunt in te neem om die omgewing te beskerm, is springlewendig.

Die kundiges van die Noordwes-Universiteit (NWU) was jare lank deel van die baie gewilde weeklikse insetsel Omgewingspraatjies op die radioprogram Brêkfis met Derrich op Radio Sonder Grense (RSG) op Saterdagoggende. Prof Rialet Pieters, professor…

’n Dekade van uitnemendheid – NWU se HART Navorsings- en Opleidingskliniek bereik ’n mylpaal

Die Hipertensie Navorsings- en Opleidingskliniek van die Hipertensie in Afrika-navorsingspan (HART) aan die Noordwes-Universiteit (NWU) vier sy tiende verjaardag met ’n simposium waar toonaangewende internasionale en plaaslike kundiges oor hoëbloeddruknavorsing op die Potchefstroomkampus gaan bymekaarkom.

Die simposium, A decade of…

Naledi: Sit steeds die son agterna

Soos met alle pogings om die samelewing te verbeter en om dit wat uiters waardevol is, te bewaar, begin dit met innovasie in hernubare energie, en die Sasol Sonkrag-uitdaging bevorder dit. Die sleutelwoord is “uitdaging”, en die Ingenieurswese-span van die Noordwes-Universiteit (NWU) het al keer op keer bewys dat hulle opgewasse is vir die taak…

NWU hou aan om Suid-Afrikaanse sport te voed

Die Noordwes-Universiteit (NWU) hou aan om te wys hoekom dié instelling ’n vervoerband vir Suid-Afrikaanse atletiek is.

Tydens vanjaar se Statebondspele in Birmingham, Engeland het die NWU weer gesorg dat die Suid-Afrikaanse span ’n kenmerkende NWU-geur het.

Vir die nasionale netbalspan het doelskieter Elmeré van den Berg haar…

Die room van NWU se geoktrooieerde rekenmeesters is weer bo

Die Geoktrooieerde Rekenmeesterskap-program van die Noordwes-Universiteit (NWU) is werklik ’n krag om mee rekening te hou. ’n Mens kan dit sien nadat die Suid-Afrikaanse Instituut vir Geoktrooieerde Rekenmeesters (SAIGR) die uitslae bekend gemaak het van sy Aanvanklike Toets van Bevoegdheid (ITC), waarin die NWU se klas van 2021 ’n merkwaardige…

NWU verwelkom nuwe VSR-lede

Die Noordwes-Universiteit (NWU) verwelkom sy pas verkose Verteenwoordigende Studenteraad (VSR), wie se termyn amptelik op 6 September begin het.

Die huidige VSR sal vir ’n tydperk van een jaar onder die leierskap van die VSR-voorsitter, Yikumba Andreas, ’n gegradueerde in Bestuurswetenskappe en Bemarkingbestuur en tans ’n…

NWU-professor gebruik stelseldenke om die konsep van leer te verander 

Prof Roelien Goede is passievol oor onderwys en het na Potchefstroom verhuis, waar sy in 2001 as dosent in die destydse Skool vir Rekenaarwetenskap, Statistiek en Wiskunde aangestel is.

Haar hoofnavorsingsfokus, waarvoor sy in 2018 ’n C2-gradering by die Nasionale Navorsingstigting (NNS) van Suid-Afrika ontvang het, is die verbetering…