Een universiteit: een simbool – wat stel u in die vooruitsig?

As deel van die demonstrasie van ons verbintenis om die NWU te transformeer en te posisioneer as ʼn unitêre instansie van hoogstaande akademiese uitnemendheid, met ʼn verbintenis tot maatskaplike geregtigheid, het die NWU-Raad die NWU se Keurkomitee vir Openbare Kunswerke (NWU KKOK) gestig om ʼn proses van stapel te stuur om ʼn nuwe eenheidsimbool te vind in die vorm van ʼn kreatiewe kunswerk.

Ons wil jou deel maak van die proses en dat jou deel in die opwinding van die skep van ʼn nuwe unitêre simbool. Vir die volgende paar maande gaan die Universiteit poog om ʼn verenigende simbool te vind wat in lyn is met die NWU-strategie. Ons nuwe unitêre kunswerk moet iets weergee van die karakter van die NWU, en daarvoor is die sienings en insette van ons sleutelbelanghebbers belangrik. Die geïdentifiseerde sleutelbelanghebbers is personeel, studente, alumni, gemeenskappe rondom ons kampusse, en andere. 

Saam met jou kan ons deur samewerking en verbeelding iets uniek en iets besonders ontdek wat getrou is aan die doelwitte, strategie, beginsels en waardes van die NWU.

Die Noordwes-Universiteit aanvaar ontwerpvoorstelle van belangegroepe (kunstenaars) vir ʼn openbare kunsgeleentheid om 1 interaktiewe kunswerk (standbeeld/simbool) vir elke kampus binne die Universiteit te skep. Die drie lokaliteite is die Potchefstroomkampus, Vanderbijlparkkampus en Mahikengkampus.

Hul samekoms om die Noordwes-Universiteit (NWU) te vorm, was ʼn sterk simboliese gebaar van versoening en nasiebou – en hoogs doeltreffend. 

Die NWU het in 2004 tot stand gekom by wyse van samesmelting en inkorporering as ʼn unitêre, multikampusinstelling met ʼn enkele stel beleide, stelsels en standaarde, gedryf deur ʼn stel waardes wat op die Grondwet gebaseer is, wat eenheid in diversiteit bevorder, ʼn eie handelsmerk en identiteit daarstel, en ʼn eie, unieke institusionele kultuur ontwikkel wat op die eenheid en waardestelsel van die universiteit gegrond is. Die oorgang na die verenigde NWU is geloof as een van die mees geslaagde en stabiele samesmeltings in Suid-Afrika. Nog elke jaar sedert die samesmelting het die NWU oordeelkundige finansiële bestuur en gesonde prestasie, verbeterde studenteslaagsyfers en verhoogde navorsingsuitset opgelewer, en gestyg in die korporatiewebestuurranglys vir Suid-Afrikaanse universiteite.

Dit is die NWU se droom om ʼn internasionaal erkende universiteit in Afrika te wees wat bekend is vir sy wetenskapsbeoefening, maatskaplike responsiwiteit en sorgsaamheidsetiek. Ons doel is om uit te blink in innoverende onderrig-leer en baanbrekersnavorsing, om sodoende die gemeenskap deur kennis te dien. Ons handelsmerkbelofte is om dinamies, waardegedrewe en uitnemend te wees.

Klik hier om meer oor hierdie projek te lees

...

Submitted on Thu, 09/15/2022 - 09:29