Naledi: Sit steeds die son agterna

Soos met alle pogings om die samelewing te verbeter en om dit wat uiters waardevol is, te bewaar, begin dit met innovasie in hernubare energie, en die Sasol Sonkrag-uitdaging bevorder dit. Die sleutelwoord is “uitdaging”, en die Ingenieurswese-span van die Noordwes-Universiteit (NWU) het al keer op keer bewys dat hulle opgewasse is vir die taak.  

Hierdie uitdaging stel die Fakulteit Ingenieurswese in staat om studente te bemagtig om hulle praktiese en spanwerkvaardighede te bevorder.  Daar sal tydens die rit verskeie kontrolepunte wees waar gemeenskappe uitgenooi sal word om meer oor die kar te leer.  Dit gee aan jongmense die geleentheid om opgewonde te raak oor wetenskap en ingenieurswese en sal help om toekomstige ingenieurs te skep.

“Naledi”, wat “ster” beteken, is die NWU se sonkar wat aan die Sasol Sonkrag-uitdaging deelneem. Hierdie uitdaging begin op 9 September in Johannesburg en eindig op 16 September in Kaapstad. Spanne van Suid-Afrika, Nederland en België neem deel.  

“Ons doel is om as die top- Suid-Afrikaanse span klaar te maak. Ons moet onthou dat sommige internasionale spanne baie meer fondse van buite ontvang as ons. Dit is vanselfsprekend dat ons baie graag op hulle vlak wil deelneem,” sê Danie Human, die spanbestuurder van die Naledi-span van die NWU.

“Daar is baie om na uit te sien. Dit is ’n pragtige, lang roete en ons wil graag sien dat die kar mededingend is. Ons is ’n wonderlike span en ons sien daarna uit om te kyk hoe ons kar ten opsigte van ons beplanning en ontwerp met die res vergelyk. Ons gaan veral die uitdaging geniet.”

Volgens Human gaan een van die uitdagendste toetse die wisselende weerstoestande wees – die wind, die hitte en daardie uiters imponerende wolke.

“Ons het die kar ligter gemaak as wat dit was en die doeltreffendheid van ons sonkragpaneel verbeter deur die helling van die sonpaneel wat na die son toe wys, aan te pas, en deur verkoelingsbuise en hittedissipeerders onder ons panele in te bou.  Geen ander span doen dit nie, en dit behoort vir ons ’n voorsprong te gee,” sê Human.

....

Die Naledi-span

naledi solar car

Naledi 2.0

naledi solar car

Gereed vir die lang pad

Submitted on Thu, 09/08/2022 - 16:02