Mensgerigte Stories
NWU-kundiges deel hulle reis met borskanker
Dit is die diagnose wat die meeste mense vrees: kanker. Twee professore van die Noordwes-Universiteit (NWU), wat albei op verskillende maniere deur hierdie lewensbedreigende siekte geraak is, sê die emosionele tol wat dit eis, kan net so rampspoedig wees as die fisieke skade wat dit aanrig. Hulle gee kundige raad oor hoe om dit te hanteer…
Shaun Bownes trap nou NWU-spore
Hy is ’n legende wat die rekordboeke herskryf het. ʼn Kanniedood-spoedvraat wat tot in sy laat 30’s sy talent op die wêreldverhoog uitgestal het. Shaun Bownes, die Afrika-kontinent se voormalige hekkieskampioen, is uit graniet gekerf.
Hy kon miskien nie vir die beseringspook of vir vader tyd weghardloop nie, maar die vet weet, hy het…
Sonkragopleiding ʼn prioriteit by die NWU
Hernubare energie vorm ʼn toenemend belangriker deel van ons land se energiepakket terwyl daar van fossielbrandstowwe wegbeweeg word. Dit, tesame met ʼn ingesteldheid om meer omgewingsvriendelik te word, beteken dat hernubare energie, soos son- en windkrag, gewis gaan aanhou om ʼn groter rol in kragopwekking te speel.
Daarom het die…
NWU onder die top- plaaslike universiteite in Suid-Afrika op ranglys geplaas
Die Noordwes-Universiteit (NWU) bly onder die top- plaaslike universiteite soos dit duidelik uit die jongste World University Rankings van Times Higher Education (THE) blyk.
Volgens die THE, is die NWU onder die topses universiteite in Suid-Afrika. Die graderingsagentskap het op 12 Oktober die ranglys vir hulle 2023-siklus vrygestel.…
Eagles deur na Varsity Netbal-finaal
Hulle was slaggereed! Hulle het ons egter ook laat naels kou. Die Noordwes-Universiteit (NWU) Eagles het op Maandag 10 Oktober die verdedigende kampioene, Kovsies, ore aangesit om na die 2022 Varsity Netbal-finaal deur te dring.
Die Eagles moes egter in Bloemfontein uithaal en wys om ’n 64–61-wentelling aan te teken teen dieselfde…
Speltoetser om gratis afgelaai te word nou vir SA-tale beskikbaar
Die Speltoetsers vir Suid-Afrikaanse Tale (Spelling Checkers for South African Languages), ’n spel- en woordafbrekingtoetser-instrument vir tien van Suid-Afrika se amptelike tale, Engels uitgesluit, is nou beskikbaar om gratis van die webwerf van die Suid-Afrikaanse Sentrum vir Digitale Taalhulpbronne (SADiLAR) afgelaai te word.…
Musiekstudente vertrek op uitruilprogram na Swede
Vier musiekstudente van die Noordwes-Universiteit (NWU) het onlangs op ’n vyf maande lange studiereis na Stockholm in Swede vertrek.
Dit is deel van die Linnaeus-Palme-uitruilprogram wat deur die Sweedse internasionale ontwikkelingsamewerkingsagentskap (Styrelsen för Internationellt Utvecklingssamarbete, SIDA) befonds word, met…
Voortsetting van siklus van rentekoersverhogings was onvermydelik
Die verklaring deur die Monetêre Beleidskomitee (MBK) van die Suid-Afrikaanse Reserwebank (SARB) op 22 September het te midde van verskeie wêreldwye en plaaslike onsekerhede om verstaanbare redes ’n aggressiewe boodskap oor die inflasievooruitsigte in die ekonomie oorgedra.
Prof Raymond Parsons, ekonoom van die Besigheidskool van die…
Prof Golightly oor probleemgebaseerde leer om selfgerigte leer in Geografie-onderwys te bevorder
Prof Aubrey Golightly het tydens sy intreelesing die invloed van probleemgebaseerde leer (PGL) op studente se selfgerigteleervaardighede (SGL-vaardighede) bespreek, en na PGL gekyk as ’n manier om SGL in Geografie-onderwys te bevorder. SGL is ’n proses waartydens individue eienaarskap van hulle eie leer neem. Hulle identifiseer hulle eie…
Een universiteit: een simbool – wat stel u in die vooruitsig?
As deel van die demonstrasie van ons verbintenis om die NWU te transformeer en te posisioneer as ʼn unitêre instansie van hoogstaande akademiese uitnemendheid, met ʼn verbintenis tot maatskaplike geregtigheid, het die NWU-Raad die NWU se Keurkomitee vir Openbare Kunswerke (NWU KKOK) gestig om ʼn proses van stapel te stuur om ʼn nuwe eenheidsimbool…