Ingenieurswese Nuus

NWU ontvang agt benoemings vir ‘Wetenskap-Oscars’

Die Noordwes-Universiteit (NWU) het agt benoemings ontvang vir vanjaar se gesogte NSTF-South32-toekennings. Dit is nóg ʼn pluimpie vir die Universiteit se strewe na uitnemendheid sonder grense.

Die NSTF-Suid 32-toekennings, ook bekend as die 'Wetenskap-Oscars', is die grootste, mees omvattende en een van die mees gesogte nasionale…

Kom ons maak mynbou sexy

Professor Quentin Campbell van die Fakulteit Ingenieurswese aan die Noordwes-Universiteit (NWU) is welsprekend en het ’n manier om iets raak te vat. Toe hy dus sê “dit is tyd om mynbou sexy te maak”, het die teenwoordiges by die NWU se heel eerste mynbou-indaba met ’n grinnik regop gesit.

Prof Campbell het tydens ’n groepsessie as…

Die Noordwes-Universiteit ondersoek samewerking vir landbou-ingenieurswese

Die Enterprise African Regional Network (EARN) gaan steeds ’n groot faktor wees om jongmense na die landbousektor te lok, aangesien dit entrepreneurs uit Afrika toerus met die kennis en vaardighede wat vir die voedselproduserende bedryf nodig is. African Greeneurs van EARN het op Maandag 5 Februarie 2024 ’n besoek aan die Fakulteit…

’n Gedeelde visie vir die toekoms: ’n betrokkenheid wat ’n nuwe era van samewerking inlui

Die Noordwes-Universiteit (NWU) en die Myngesondheids- en -veiligheidsraad (Mine Health and Safety Council, MHSC) het op Maandag 18 Desember 2023 ’n gesprek gehou om samewerking en die ontwikkeling van ’n verhouding te bevorder wat vir albei partye tot voordeel kan wees.

Die vergadering het by die kantoor van die visekanselier in gebou…

Ontmoet ons navorsers

Die fakulteite by die Noordwes-Universiteit (NWU) doen opwindende werk op die navorsingsfront.

Prof Philimon Modisha is ’n medeprofessor in die Fakulteit Ingenieurswese en sy navorsing fokus op die stoor van vloeibare organiese waterstof. Sy navorsing word hoofsaaklik uitgevoer by die Departement van Wetenskap en Innovasie se Waterstof…

Xcel – open geslote deure in ingenieurswese

’n Tweede kans om beter matriekuitslae te kry, kan net die ding wees om ’n voorspoedige loopbaan in ingenieurswese mee te begin. Die Noordwes-Universiteit (NWU) gee deur die innoverende Xcel-program aan talentvolle matrieks wie se finale uitslae in die pad staan van hulle droom om ingenieurs te word die geleentheid om hulle passie na te jaag.…

Is dit steeds eties om steenkoolnavorsing in Suid-Afrika te doen?

Terwyl die debat oor die effek van fossielbrandstowwe op klimaatsverandering voortwoed, word indringende vrae oor die gebruik van fossielbrandstof as ’n groot deel van die land se energieproduksiepakket gevra. Nou vra prof Marco le Roux van die Fakulteit Ingenieurswese by die Noordwes-Universiteit (NWU) die volgende: Is dit steeds eties om…

Ingenieurs op koers om plaaslike innovasies na die Cybathlon in Switserland te neem

Zürich 2024, hier kom ons – met ons tegnologies gevorderde kunsbeen en rolstoel.

Met die formidabele Noordwes-Universiteit- (NWU-)span van prof André Grobler en Ian Thomson van die Fakulteit Ingenieurswese en dr Mark Kramer van Gesondheidswetenskappe aan die stuur, berei hierdie innoveerders voor om die vrugte van hulle navorsing en…

NNS gee befondsing vir steenkoolnavorsing by die NWU ’n hupstoot

Die soektog na meer volhoubare en groener steenkoolenergie het ’n hupstoot gekry deur die Nasionale Navorsingstigting (NNS) se hernuwing van die Leerstoel vir Steenkoolnavorsing by die Noordwes-Universiteit (NWU).  

Die leerstoel het as deel van die NNS se Suid-Afrikaanse Navorsingsleerstoel-inisiatief (SARChI) befondsing van R4,15…

Gemeenskappe baat by die NWU se ontwikkelingsprojekte

Suid-Afrika ervaar moeilike uitdagings wat vereis dat die volgende geslag universiteitsgegradueerdes opgeleide leiers met uitgebreide vermoëns moet wees om met gemeenskappe saam te werk sodat probleme opgelos kan word en daar verandering kan kom. 

Vier projekte van die Noordwes-Universiteit (NWU) wat in vennootskap met gemeenskappe…