Ingenieurswese Nuus

Xcel – open geslote deure in ingenieurswese

’n Tweede kans om beter matriekuitslae te kry, kan net die ding wees om ’n voorspoedige loopbaan in ingenieurswese mee te begin. Die Noordwes-Universiteit (NWU) gee deur die innoverende Xcel-program aan talentvolle matrieks wie se finale uitslae in die pad staan van hulle droom om ingenieurs te word die geleentheid om hulle passie na te jaag.…

Is dit steeds eties om steenkoolnavorsing in Suid-Afrika te doen?

Terwyl die debat oor die effek van fossielbrandstowwe op klimaatsverandering voortwoed, word indringende vrae oor die gebruik van fossielbrandstof as ’n groot deel van die land se energieproduksiepakket gevra. Nou vra prof Marco le Roux van die Fakulteit Ingenieurswese by die Noordwes-Universiteit (NWU) die volgende: Is dit steeds eties om…

Ingenieurs op koers om plaaslike innovasies na die Cybathlon in Switserland te neem

Zürich 2024, hier kom ons – met ons tegnologies gevorderde kunsbeen en rolstoel.

Met die formidabele Noordwes-Universiteit- (NWU-)span van prof André Grobler en Ian Thomson van die Fakulteit Ingenieurswese en dr Mark Kramer van Gesondheidswetenskappe aan die stuur, berei hierdie innoveerders voor om die vrugte van hulle navorsing en…

NNS gee befondsing vir steenkoolnavorsing by die NWU ’n hupstoot

Die soektog na meer volhoubare en groener steenkoolenergie het ’n hupstoot gekry deur die Nasionale Navorsingstigting (NNS) se hernuwing van die Leerstoel vir Steenkoolnavorsing by die Noordwes-Universiteit (NWU).  

Die leerstoel het as deel van die NNS se Suid-Afrikaanse Navorsingsleerstoel-inisiatief (SARChI) befondsing van R4,15…

Gemeenskappe baat by die NWU se ontwikkelingsprojekte

Suid-Afrika ervaar moeilike uitdagings wat vereis dat die volgende geslag universiteitsgegradueerdes opgeleide leiers met uitgebreide vermoëns moet wees om met gemeenskappe saam te werk sodat probleme opgelos kan word en daar verandering kan kom. 

Vier projekte van die Noordwes-Universiteit (NWU) wat in vennootskap met gemeenskappe…

MSc Ingenieurswese-student in aanmerking vir top- wêreldwye toekenning

Leané Naudé, ’n MSc-student in Ingenieurswese aan die Noordwes-Universiteit (NWU), pak in Mei haar tasse vir Amsterdam om Suid-Afrika by die finale rondte van die wêreldwye Blue Sky- wetenskapkompetisie te verteenwoordig. Sy het hierdie eer verdien deur tweede te kom in verlede jaar se nasionale kompetisie vir die Blue Sky-toekennings, ’n…

HySA hou baanbrekeruitstalling by Groen Waterstof-beraad

In ’n wêreld wat onder die effek van besoedeling en aardverwarming steier, is waterstof ’n lewensvatbare alternatief vir die opwekking van skoner, “groener” energie om nie net tot voordeel van die mens nie, maar ook van die omgewing, te wees.

Waterstof Suid-Afrika (HySA), ’n nasionale vlagskipprogram wat deur die Kabinet goedgekeur is,…

NWU woon die bekendstelling die inisiatief vir digitale-gesondheidsinnovasie in Kenia by

Die Noordwes-Universiteit (NWU) het onlangs die bekendstelling bygewoon van ’n nuwe inisiatief om digitalegesondheidsinnovasie in Afrika te bevorder. Die inisiatief is in ooreenstemming met die strategieë van die WGO en nasionale regerings regoor die wêreld wat universele toegang tot goeie, bekostigbare gesondheidsorg vir alle mense wil…

NWU is in die eerste plek in Suid-Afrika met ingenieurswese

Die Noordwes-Universiteit (NWU) is die beste keuse onder plaaslike universiteite vir studie op die gebied van ingenieurswese. Die jongste ranglys vir vakke deur Times Higher Education (THE) plaas die NWU aan die bopunt van die leer op hierdie gebied en beklemtoon die NWU se ander vakaanbiedings van gehalte.

Volgens THE se World…

NWU se Intelligente Stelsels-navorsingsgroep is besig om intelligensie te ontwikkel om vervoerprobleme op te los

Rekenaars word al hoe noodsaakliker in die moderne samelewing, met ’n geweldige invloed oor hoe mense probleme skep en oplos. Die Noordwes-Universiteit (NWU) se Intelligente Stelsels-navorsingsgroep se missie is om volgendegeslagoplossings te ontwikkel wat sal help om vervoerprobleme met behulp van tegnologie op te los.

Geleë in die…