NWU ontvang agt benoemings vir ‘Wetenskap-Oscars’

Die Noordwes-Universiteit (NWU) het agt benoemings ontvang vir vanjaar se gesogte NSTF-South32-toekennings. Dit is nóg ʼn pluimpie vir die Universiteit se strewe na uitnemendheid sonder grense.

Die NSTF-Suid 32-toekennings, ook bekend as die 'Wetenskap-Oscars', is die grootste, mees omvattende en een van die mees gesogte nasionale toekennings.  Dit gee erkenning aan uitstaande bydraes in wetenskap, ingenieurswese en tegnologie (WIT) en innovasie deur individue, spanne en organisasies.

Die NWU is trots op vanjaar se benoemdes:

Dr Fortunate Phaka is in twee kategorieë benoem: die TW Kambule-NSTF-toekenning vir Ontluikende Navorsers en die Kommunikasie-kategorie. Dr Phaka is ʼn senior postdoktorale navorsingsgenoot by beide die Hasselt Universiteit en die Suid-Afrikaanse Instituut vir Akwatiese Biodiversiteit.

Prof Linda Godfrey, ʼn buitengewone professor in die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe, is benoem vir die Groen Ekonomie-toekenning, geborg deur die Tegnologie-innovasie-agentskap. Prof Godfrey is die Bestuurder van Circular Innpovation South Africa en die hoofwetenskaplike vir Sirkulêre Ekonomie by die Wetenskaplike en Nywerheidsnavorsingsraad.

Prof Rose Hayeshi, Direkteur by die Departement Wetenskap en Innovasie (DWI)/NWU Prekliniese Geneesmiddelontwikkelingsplatform is benoem vir die Bestuurstoekenning.

Dr Mathew Moyo, Hoofdirekteur vir Biblioteek- en Inligtingsdienste, is ʼn kandidaat vir die Data vir Navorsing-toekenning.

 

Prof Marius Smuts, Direkteur van die Sentrum van Uitnemendheid vir Voeding, is benoem vir die Leeftydtoekenning.

Jonker Sailplanes (EDMS) BPK, met prof Attie Jonker van die Skool vir Meganiese Ingenieurswese as medestigter, aandeelhouer en direkteur, is benoem vir die Innovasietoekenning vir Klein, Medium- en Mikro-ondernemings.

""4

Die innovateHER-inisiatief, verteenwoordig deur prof Leenta Grobler, is benoem vir die Nieregeringsorganisasie-toekenning.

Submitted on Mon, 04/22/2024 - 11:01