Ingenieursweek 2024 inspireer die volgende geslag innoveerders

Dit begin alles by die Noordwes-Universiteit (NWU), en die Fakulteit Ingenieurswese op die Potchefstroomkampus het sy kant gebring om aan daardie missie te voldoen.  Die doelwit van die tweejaarlikse Ingenieursweek is al ’n hele paar jaar lank om hoërskoolleerders van graad 8 tot 12 aan ingenieurswese as ’n opwindende loopbaan bekend te stel.

Die projek het hierdie jaar vanaf 2 tot 5 Julie geduur en leerders van regoor Suid-Afrika en naburige lande verwelkom. Hulle het ’n interaktiewe en interessante leerervaring by die ingenieursgeriewe van die NWU ervaar het.

Die projek het aan leerders ’n eerstehandse ervaring gegee van die opwinding en lekkerte om ’n ingenieurstudent te wees toe ingenieurs, ingenieurstudente en professors by die leerders aangesluit het. Die leerders het ook die geleentheid gehad om die beroemde Naledi 2.0-sonkar van die NWU te sien, wat die fakulteit se pogings om energiedoeltreffende vervoertegnologie te ontwikkel, vertoon het.

Die voorgraadse programbestuurder by die Skool vir Elektriese, Elektroniese en Rekenaaringenieurswese, Christo van der Merwe, het die leerders met die aanvang van die verrigtinge hartlik verwelkom, en sy vindingryke woordspeling het die toon vir die res van die week aangegee. Senior bemarker Johan Pyper het ’n opsomming gegee van die vereistes wat nodig is om Ingenieurswese aan die NWU te studeer en die hoop uitgespreek dat die leerders by hierdie hoogaangeskrewe universiteit sal inskryf.

Nadat hulle verdeel is in groepe wat die res van die week met mekaar moes saamwerk, is die leerders aan die vier Ingenieurswese-skole bekend gestel: Bedryfs-, Chemiese, Meganiese en Elektriese, en Elektroniese en Rekenaaringenieurswese.

Op dag 2 het die groepe leerders tussen die Ingenieurswese-skole beweeg en die geleentheid gehad om te verken en te werk aan verskeie prettige projekte wat ’n gees van samewerking gekweek het. Die leerders het basiese LED-stoombane gebou en vuurpyle van 2 l-waterbottels gemaak. Om koffie te brou en dierestrukture uit kleurvolle voorwerpe te bou, asook om chemiese reaksies met asyninfusie te evalueer, was van die ander pretaktiwiteite van die dag. ’n Aantal geborgde leerders van die Vaaldriehoek en die JB Marks Munisipaliteit het die dag bygewoon en ’n wonderlike ingenieurservaring gekry terwyl hulle aan die prettige projekte deelgeneem het.

Op die derde dag van die program het die leerders Jonker Sailplanes – ’n vervaardiger – besoek, waar hulle ’n inspirerende toer van die vervaardigingsproses van ’n sweeftuig ontvang het. Die tweede plek wat hulle besoek het, was die SVGV, ’n industriële toerustingvervaardiger, waar die leerders gesien het hoe produkte van rou staal vervaardig word. Om di hele produksieproses van volgraan-en-witmieliepap by die SVGV se voedselverwerkingsafdeling aan die leerders te verduidelik, was deel van die fassinerende besigtigingstoer.

Die opwindende Ingenieursweek het op dag 4 tot ’n einde geloop toe die leerders ’n toer op die kampus onderneem het en die ikoniese amfiteater, asook verskeie mans- en vrouekoshuise besoek het. Die Ingenieursweek was ’n dawerende sukses, aangesien daar ongeveer 160 leerders was wat opvoedkundige inligting oor die gebied van ingenieurswese ontvang het.  Ewan Mans, ’n leerder van die Walvis Bay Private School in Namibië, deel sy ervaring:

“Ek het nou, danksy die Ingenieursweek, ’n beter begrip van ingenieurswese.  Ek wou nog altyd Meganiese Ingenieurswese bestudeer, en nadat ek die NWU se Ingenieursweek bygewoon het en die broodnodige blootstelling ontvang het, het dit my besluit bevestig om hierdie diepgesetelde ambisie na te jaag.”

 

.....

Die leerders bou basiese LED-stroombane.

....

Lansering van die 2 l-waterbottelvuurpyl wat die leerders gemaak het.

....

Die leerders by die SVGV se voedselverwerkingsaanleg in Potchefstroom.

 

.........

Die leerders voor die G23 Res-sweeftuig wat by Jonker Sailplanes vervaardig word.

......

Die leerders is verskriklik opgewonde tydens die chemiesereaksie-aktiwiteit.

Submitted on Fri, 07/12/2024 - 11:52