Ekonomiese en Bestuurswetenskappe Nuus
Buitengewone professor by die NWU ontvang nog ’n toekenning
Die Noordwes-Universiteit (NWU) is geweldig trots op een van sy buitengewone professors, Sam Fullerton, wat onlangs by ’n hoog aangeskrewe bemarkingskonferensie die toekenning vir die 16de beste referaat vir sy navorsing ontvang het.
Sy jongste toekenning was vir die beste referaat…
Waarom grootwildjag in Botswana weer oopgestel moet word
Talle artikels is onlangs op verskillende aanlyn nuusplatforms gepubliseer oor die heropening van grootwildjag in Botswana. Die meeste van hierdie artikels probeer om jag in ’n slegte lig te stel, of om te wys dat jag nie soveel tot die plaaslike ekonomie van die land of streek bydra nie. Prof Peet van der Merwe van die navorsingseenheid TREES…
NWU Besigheidskool-dinkskrum – NSFAS en die gevolge van staatsbesnoeiing
Die Besigheidskool van die Noordwes-Universiteit (NWU) het die afgelope week ʼn dinkskrum gehou met die fokus op die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente (NSFAS), en spesifiek wat betref die gevolge van staatsbesnoeiing in die 2021-begroting ten opsigte van tersiêre onderwys.
Daar was konsensus dat die gevolge van ʼn kapitaaltekort…
Onveranderde rentekoerse is in ooreenstemming met verwagtings
“Die besluit deur die Monetêre Beleidskomitee (MBK) van die Suid-Afrikaanse Reserwebank (SARB) om die rentekoerse onveranderd te laat, is wyd voorsien en is in ooreenstemming met markverwagtings.” Prof Raymond Parsons van die Noordwes-Universiteit (NWU) se Besigheidskool sê dat, hoewel die MBK in die afgelope paar maande 3 teen 2 ten gunste van…
NWU beloon buitengewone dosente
Die Noordwes-Universiteit (NWU) het tydens ’n virtuele geleentheid die bydraes van sy fakkeldraers van onderriguitnemendheid gevier. Tydens die jaarlikse seremonie vir die toekenning vir onderriguitnemendheid (TOU), wat op 25 Maart aanlyn plaasgevind het, het die allerbeste dosente van 2020 erkenning vir hulle werk ontvang nadat hulle onderrig…
Nuwe lede van die NWU Besigheidskool se adviesraad
Dit is ’n groot eer om die volgende individue geluk te wens met hulle onlangse verkiesing as lede van die adviesraad van die Noordwes-Universiteit (NWU) se Besigheidskool.
Jeremy Sampson is tans die besturende direkteur van Brand Finance Africa, die Londen-gebaseerde wêreldwye groep…
NWU-WHO-leerstoelprogram ondersoek Afrika se handelspotensiaal
Sedert die Wêreldhandelsorganisasie se leerstoelprogram (WCP) binne die TRADE-navorsingsfokusarea by die Noordwes-Universiteit (NWU) ’n paar jaar gelede bekendgestel is, het Afrika ’n sleutelfokusarea vir die WCP se navorsings- en uitreikaktiwiteite gebly. Hoewel Afrika bekend is daarvoor dat dit die potensiaal het om ’n ekonomiese reus en…
“Jaws” en toerisme
Dit was 1975 en die konsep van die “lokettreffer” was nog in sy kinderskoene. ’n Jong regisseur genaamd Steven Spielberg het Peter Benchley se angswekkende roman Jaws in ’n eerste bona fide somerskouspel omskep, wat die moderne fliek vir ewig verander het. Dit wat eens op ’n tyd bewonder is, is nou gehaat en gevrees. Haaie: groot visse met…
Suid-Afrika moet sy ekonomie in die rigting van volhoubare arbeidsryke groei laat beweeg
Prof Raymond Parsons van die Noordwes-Universiteit (NWU) se Besigheidskool sê dat Suid-Afrika dringend moet die ekonomiese “herstel” hierdie jaar moet benut om in die tydperk wat voorlê sy ekonomie in die rigting van meer volhoubare arbeidsryke groei te laat beweeg.
“Die algemeen…
NWU Besigheidskool fasiliteer eietydse onderwerpe om die denke van bestuurslui in Afrika te help vorm
Die eerste Think Tank van 2021 van die Besigheidskool aan die Noordwes-Universiteit (NWU) het op 18 Februarie 2021 plaasgevind. Ses-en-vyftig deelnemers het dit bygewoon en twee sprekers het hulle perspektiewe oor die onderwerp – Politieke stabiliteit en demokrasie in Afrika – geleenthede en bedreigings vir…