NWU beloon buitengewone dosente

Die Noordwes-Universiteit (NWU) het tydens ’n virtuele geleentheid die bydraes van sy fakkeldraers van onderriguitnemendheid gevier. Tydens die jaarlikse seremonie vir die toekenning vir onderriguitnemendheid (TOU), wat op 25 Maart aanlyn plaasgevind het, het die allerbeste dosente van 2020 erkenning vir hulle werk ontvang nadat hulle onderrig en leer na ’n nog hoër vlak geneem het.

Die NWU is bekend vir onderriguitnemendheid, aangesien hulle in die verlede wenners geproduseer het van die Hoër Onderwys Leer- en Onderrigvereniging van Suider-Afrika se Toekenning vir Uitsonderlike Onderriguitnemendheid – ’n gebeurtenis vir die mees hoog aangeskrewe en gevierde universiteitsdosente in Suid-Afrika. Terwyl die NWU deurgaans na uitnemendheid in onderrig en leer streef, word ons die afgelope klompie jaar gereken as een van die universiteite in Suid-Afrika wat die beste ten opsigte van onderrig en leer vaar.

By die NWU word akademiese personeellede as universiteitsdosente jaarliks uitgenooi om uitmuntende bydraes op die gebied van onderrig te lewer deur aan die NWU se TOU’s deel te neem.

Ses-en-veertig dosente van agt fakulteite en multidissiplinêre gebiede het toekennings ontvang. Die onderskeie fakulteite het die volgende getal toekennings ontvang:
Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe – vier toekennings
Fakulteit Opvoedkunde – 16 toekennings
Fakulteit Ingenieurswese – twee toekennings
Fakulteit Gesondheidswetenskappe – ses toekennings
Fakulteit Geesteswetenskappe – drie toekennings
Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe – nege toekennings
Fakulteit Regte – drie toekennings
Fakulteit Teologie – drie toekennings

Twee universiteitsdosente het buitengewone vlakke van uitnemendheid in hulle onderrig- en leerbydraes in hulle onderskeie dissiplines getoon. Prof Roelof Burger en dr Teresa Hattingh het die toekenning vir uitsonderlike onderriguitnemendheid (TUOU) ontvang – die hoogste institusionele toekenning wat ’n universiteitsdosent kan ontvang.

Prof Roelof Burger is van die Skool vir Geo- en Ruimtelike Wetenskappe in die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe. Sy kundigheid en buitengewone bydraes ten opsigte van onderrig en leer is op die gebied van klimatologie, meteorologie en afstandswaarneming.

Dr Teresa Hattingh is ’n senior lektor en die programbestuurder in die Skool vir Bedryfsingenieurswese in die Fakulteit Ingenieurswese. Dr Hattingh se bydrae ten opsigte van en betrokkenheid by onderrig en leer strek tot by ’n nasionale en internasionale voetspoor in die ontluikende gebiede van bedryfsingenieurswese-onderrig.

Prof Dan Kgwadi, visekanselier, het sy waardering uitgespreek vir die hoë gehalte van die universiteitsdosente aan die NWU. Hy het al 2020 se TOU-wenners vir hulle buitengewone bydraes tot die Suid-Afrikaanse hoëronderwysomgewing bedank.

Prof Linda du Plessis, adjunkhoof, en Visekanselier: Beplanning en Vanderbijlparkkampusbedrywighede, het al die TOU-wenners gelukgewens en gesê dat die bydraes van diegene wat toekennings ontvang het die grondslag is van die NWU se reputasie vir gehalte, indiensneembaarheid en responsiwiteit om nasionale behoeftes in hoër onderwys te bemark. Sy sê dat akademici se rolle nie tot die universiteit se lesingsale en klaskamers beperk is nie. 

Meer oor die NWU se toekennings vir onderriguitnemendheid

Die doel van die NWU se TOU’s is om vir universiteitsdosente erkenning te gee vir hulle rol, toewyding en bydraes tot die gehalte en uitnemendheid van onderrig en leer op multidissiplinêre gebiede en ten opsigte van studentesukses.
 
Toekennings is in drie kategorieë gemaak: (a) die Toekenning vir Ontluikende Onderriguitnemendheid (TOOU), (b) die Toekenning vir Onderriguitnemendheid (TOU) en (c) die Toekenning vir Uitsonderlike Onderriguitnemendheid (TUOU).  

Die NWU se TUOU is die hoogste toekenning wat aan universiteitsdosente gegee word. Dit vereer uitnemende onderrig op die hoogste institusionele vlak. TUOU-benoemdes word vir die toekenning benoem en aanbeveel ná oorweging van die benoemdes se portefeuljes deur evalueringspanele.  Benoemdes se portefeuljes word aan ’n eksterne evalueringspaneel voorgelê, gevolg deur (a) ’n aanbieding deur die benoemdes en (b) ’n onderhoud met die paneel.  

Elke TUOU-benoemde word op hulle duidelik onderskeibare bydrae tot onderrig en leer binne die institusionele, nasionale en internasionale hoëronderwyslandskap geëvalueer.

Die volgende kriteria geld:

  • Waarneembare sukses in die vakkundigheid van onderrig
  • Innoverende strategieë wat in onderrig en leer aangewend word
  • Nadenke oor onderrig en leer wat die benoemde se ontwikkeling en vordering oor tyd heen binne hulle onderrig- en leerkonteks verteenwoordig
  • ’n Institusionele, ’n nasionale en ’n internasionale teenwoordigheid in onderrig en leer  
  • Benoemdes se nadenke oor die stem van die student oor tendense in hoër onderwys
  • Erkenning van die benoemde se leierskapsbydraes in die fakulteit ten opsigte van kurrikulumontwikkeling in die fakulteit en verder

Die 2020-wenners van die NWU se toekennings vir onderriguitnemendheid

Toekenning vir Uitsonderlike Onderrig-uitnemendheid
Prof Roelof Burger, Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe  
Dr Teresa Hattingh, Fakulteit Ingenieurswese

Toekenning vir Onderriguitnemendheid
Dr Lettie Botha, Fakulteit Opvoedkunde
Dr Byron Bunt, Fakulteit Opvoedkunde
Prof Roelof Burger, Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe
Me Janet Chalmers, Fakulteit Opvoedkunde
Dr Dirk Cilliers, Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe
Me Wilma Coetzee, Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe
Dr Louw de Beer, Fakulteit Opvoedkunde
Dr Luiza de Sousa, Fakulteit Opvoedkunde
Prof Elmien du Plessis, Fakulteit Regte
Dr Jean du Toit, Fakulteit Geesteswetenskappe
Dr Philip du Toit, Fakulteit Teologie
Dr Ewie Erasmus, Fakulteit Opvoedkunde
Prof Fazel Freeks, Fakulteit Teologie
Dr Allison Geduld, Fakulteit Regte
Dr Teresa Hattingh, Fakulteit Ingenieurswese
Prof Marietjie Havenga, Fakulteit Opvoedkunde
Mnr Werner Kaiser, Fakulteit Ingenieurswese
Prof Ankebé Kruger, Fakulteit Gesondheidswetenskappe
Dr Leandi Lammertyn, Fakulteit Gesondheidswetenskappe
Dr Dorothy Laubscher, Fakulteit Opvoedkunde
Dr Shani le Roux, Fakulteit Gesondheidswetenskappe
Dr Ananka Loubser, Fakulteit Geesteswetenskappe
Dr Elma Marais, Fakulteit Opvoedkunde
Dr Rachel Mayimele, Fakulteit Opvoedkunde
Dr Deborah Mokgojwa, Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe
Mnr Cobus Oosthuizen, Fakulteit Gesondheidswetenskappe
Dr Kelebogile Paadi, Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe
Prof Rialet Pieters, Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe
Prof Johan Potgieter, Fakulteit Gesondheidswetenskappe
Dr Lynn Preston, Fakulteit Opvoedkunde
Dr Salome Romylos, Fakulteit Opvoedkunde
Dr Frances Siebert, Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe
Dr Lynndle Square, Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe
Dr Pieter Swarts, Fakulteit Opvoedkunde
Dr Sune van der Linde, Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe
Dr Annette van der Merwe, Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe
Dr Wanda van der Merwe, Fakulteit Opvoedkunde
Dr Corné van der Vyver, Fakulteit Opvoedkunde
Mnr Abie van Oort, Fakulteit Gesondheidswetenskappe
Dr Germarie Viljoen, Fakulteit Regte
Dr Elize Vos, Fakulteit Opvoedkunde
Dr Hannelie Yates, Fakulteit Teologie
Prof Johan Zaaiman, Fakulteit Geesteswetenskappe

Toekenning vir Ontluikende Onderriguitnemendheid
Mnr Kgosietsile Frenk Monnagaaratwe, Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe
Mnr Ruhann Steyn, Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe
Dr Johannes-Hugo van Schalkwyk, Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe

Ontvangers van die 2020 NWU Toekennings vir Uitsonderlike Onderriguitnemendheid is prof Roelof Burger en dr Teresa Hattingh.

Dr Teresa Hattingh

Dr Teresa Hattingh ontvang haar toekenning van prof Marco Le Roux, direkteur van die Sentrum vir Ingenieursopvoeding.

Prof Roelof Burger

Prof Roelof Burger ontvang sy toekenning van prof David Modise, uitvoerende dekaan van die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe.

Submitted on Fri, 03/26/2021 - 07:50