Gemeenskapsnuus

NWU se Olimpiese spoedvrate in die kollig

Die Noordwes-Universiteit se drie Olimpiese spoedvrate, Chederick van Wyk, Zakhiti Nene en Pieter Conradie, is vandeesweek in Tokio se kollig wanneer die aflositems skuins voor die naweek afskop.

Van Wyk, wat aan die 4 X 100 m-item deelneem, sal Donderdag 5 Augustus in aksie wees,…

Projekspan wil hê dat alle universiteitstudente toegang tot inheemse Afrikatale moet hê

Universiteitstudente wie se moedertaal nie Engels is nie, behoort nie benadeel te word vergeleke met dié wat Engels tuis praat nie. Dit is waarom dit belangrik is om die speelveld ten opsigte van taal gelyk te maak. Die Noordwes-Universiteit (NWU) is een van vier tersiêre-onderwysinstellings in Suid-Afrika wat saam met drie Europese…

NWU-Juta-skynverhore – oorbrugging van die gaping tussen teorie en praktyk al ’n dekade lank aan die gang

Die gewilde jaarlikse NWU-Juta-skynverhoorkompetisie het op 2 Augustus sy tiende verjaardag in ’n virtuele hofsaal gevier. Dit was die eerste keer dat die hele kompetisie, van die eerste uitskakelrondtes tot by die finale rondte, aanlyn plaasgevind het.

’n Gekombineerde NWU-span van…

Lae leenkoste is belangrik vir sake- en verbruikersvertroue

Die besluit deur die Monetêre Beleidskomitee (MBK) om rentekoerse weer onveranderd te laat, was in ooreenstemming met markverwagtings en soortgelyk aan die benadering by die vorige vergadering in Mei 2021.

Prof Raymond Parsons,…

Steratleet Chederick praat uit Tokio  

Een van die Noordwes-Universiteit (NWU) se gunstelingseuns, Chederick van Wyk, bevind hom tans saam met ʼn uitgelese groep Suid-Afrikaners wat die land se vlag tydens die Olimpiese Spele in Tokio, Japan gaan swaai.

Chederick, wat aan die 4 X 100 m-aflos gaan deelneem, het ʼn tydjie ná…

Top-sportsielkundige agter SA se Olimpiese aanslag

Daar is nie ʼn groter atletiekverhoog as die Olimpiese Spele nie, en daar is min sportgeleenthede met só ʼn kleurryke geskiedenis.

Vir elke glorieryke Spele gevul met dramatiese, ryk herinneringe, is daar ook Spele wat met groot hartseer gepaard gegaan het. Londen 2012 en Atlanta 1996…

NWU-Juta-skynverhoorkompetisie vier sy tiende verjaardag met aanlyn verhore

Die gewilde jaarlikse NWU-Juta-skynverhoorkompetisie vier sy tiende verjaardag. Die kompetisie sal hierdie jaar in ’n aanlyn formaat plaasvind.

As gevolg van die Covid-19-pandemie het die Juta-skynverhoorkompetisie nie in 2020 plaasgevind nie, maar gaan hierdie jaar voort met die oog daarop om regstudente die…

Duisende word by die NWU se uitreiksentrums ingeënt

Die Covid-19-inentingsveldtog in Suid-Afrika het ’n hupstoot gekry met duisende lede van die publiek, insluitende personeellede van die Noordwes-Universiteit (NWU), hulle gades en lewensmaats, wat die afgelope naweek (16 tot 18 Julie) hulle inentings ontvang het. ’n Inentingsveldtog het by twee NWU-sentrums – die Great Hall in Mahikeng en die…

Kunstenaar se indrukke van Covid-19 en aardverwarming wen twee internasionale pryse

Die werklike waarde van kuns strek baie verder as die geldelike waarde daarvan. Die skoonheid daarvan kan ons stomslaan en die betekenis kan ons harte, gedagtes en siele aanraak vir geslagte nadat dit geskep is.  ’n NWU-alumnus se kunswerke het op meesterlike wyse sy “filmstrook”-indrukke van die staat van inperking,…

NWU se voornemende geoktrooieerde rekenmeesters skitter

Ten spyte van die talle uitdagings wat studente tydens die Covid-19-pandemie moes te bowe kom, het die voornemende geoktrooieerde rekenmeesters by die Noordwes-Universiteit (NWU) besonder goed in hulle ITB (Aanvanklike Toets van Bevoegdheid) gevaar.

Die uitslae van die Suid-…