Gemeenskapsnuus

Word ʼn taaltegnoloog en toor met programmering, tale en inligtingstelsels

Het jy geweet dat taal en rekenaarprogrammering pasmaats kan wees? Registreer nou by die Noordwes-Universiteit vir die geherkurrikuleerde driejaargraad in Taaltegnologie om die moontlikhede van dié ongewone kombinasie te ontgin.

Hierdie studierigting spesialiseer in die gebruik van…

Inentings by NWU se uitreiksentrums nader die 10 000-mylpaal

Inentings by die Noordwes-Universiteit (NWU) se uitreiksentrums in Mahikeng en Potchefstroom nader die 10 000-merk. Die getal NWU-personeel, hulle gesinne en huishulpe, asook lede van die gemeenskap, het 9 845 inentings bereik sedert die eerste inentingsveldtog wat op die naweek van 16 Julie begin…

NWU gaan Junior Vrouehokkie Wêreldbeker aanbied

Die Noordwes-Universiteit (NWU) is trots om aan te kondig dat hulle die gasheer vir die 2021 FIH Junior Vrouehokkie Wêreldbeker gaan wees.

Dié byeenkoms, wat in samewerking met die Suid-Afrikaanse Hokkievereniging en die sportkode se wêreldbeheerliggaam, die Fédération…

Projekspan wil hê dat alle universiteitstudente toegang tot inheemse Afrikatale moet hê

Universiteitstudente wie se moedertaal nie Engels is nie, behoort nie benadeel te word vergeleke met dié wat Engels tuis praat nie. Dit is waarom dit belangrik is om die speelveld ten opsigte van taal gelyk te maak.

Die Noordwes-Universiteit (NWU) is een van vier tersiêre-onderwysinstellings in Suid-Afrika wat saam met drie Europese…

Hartbreek vir hoopvol Chederick

Dit het al die kenmerke van ʼn Shakespeare-tragedie, hoewel die dramaturg se besondere beeldspraak ontbreek.

Die horlosie sê dit is 11:30 en die kwik spoeg reeds vuur onder Tokio se ongenaakbare son. Of die snikhete omstandighede in die Olimpiese…

Meerjarige grasse is die antwoord vir die herstel van veld

In ’n waterskaarsland soos Suid-Afrika met toenemende eise vir weiding, kan gekweekte meerjarige grasse die antwoord wees op die bewaring van die veld en die verskaffing van voeding vir diere. 

“Droogtes, min reën en oorbeweiding het groot degradasie van die veld veroorsaak, en dus is die herstel van die veld ’n prioriteit vir…

Projekte oor reaksie op siektes wil Suid-Afrika selfonderhoudend maak

In ’n tyd van Covid-19-tamheid word landsburgers nou met ’n selfs dodeliker en hoogs oordraagbare Delta-variant gekonfronteer. Hierdie nuwe virusmutasie het ’n impak op die reeds oorlaaide gesondheidstelsel met te min hulpbronne. Wat nog meer kommerwekkend is, is dat op dag 460 van die staat van inperking in Suid-Afrika minder as 1% van die…

Charonike bly radio se goue meisie

Sy is die onbetwiste goue meisie van die Noordwes-Universiteit se klankgolwe, en op Vrydag 30 Julie het Charonike Nel dit weereens bewys toe sy tydens die nasionale Radiotoekennings as die Beste Kampus Ontbytprogram-aanbieder aangewys is.

Haar houvas op toekennings blyk geen einde…

Geskommelde kabinet is ’n belangrike stap in die regte rigting

“Die aankondiging op 5 Augustus deur president Cyril Ramaphosa oor ’n geskommelde kabinet, is ’n langverwagte belangrike stap in die regte rigting om sakevertroue te help herbou op ’n tydstip waar dit erg deur onlangse gebeure in Suid-Afrika geruk is.”

Internasionale erkenning vir een van ons eie

Die Internasionale Unie vir Fisiologiese Wetenskappe (IUPS) bestaan uit talle verenigings en akademici binne die fisiologiese wetenskappe wêreldwyd. Dit is waarom die Fakulteit Gesondheidswetenskappe geweldig trots is daarop dat een van ons eie mense die geleentheid gekry het om ons land by so ’n unie te…