Gemeenskapsnuus

Ranglys plaas vir die tweede agtereenvolgende jaar die NWU onder die topses plaaslike universiteite

Die THE World University Rankings het weer eens, soos verlede jaar, die Noordwes-Universiteit (NWU) onder die topses universiteite in Suid-Afrika geplaas. Die NWU word wêreldwyd tussen 501 en 600 geplaas uit meer as 1 600 universiteite uit 99 lande en streke wat vir die 2022-graderings geëvalueer is.

NWU bied toonaangewende fisikakonferensie aan

 Die konferensie van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Fisika (SAIP) speel al jare lank ’n sentrale rol om die Suid-Afrikaanse fisikagemeenskap byeen te bring, en ’n plek te wees waar nuwe bevindings gedeel, navorsingsamewerkings gekweek en studente geïnspireer kan word. 

Hierdie…

NWU-superheld gee hipertensiebewustheid ’n kragtige hupstoot

Is dit Superman? Batman? Spiderman? Nee, dit is Kaptein Hart! Hy is Noordwes-Universiteit (NWU) se superheld op ’n belangrike sending – om ’n bewustheid van die gevare van hipertensie te skep en om jong kinders te inspireer om gesonde eetgewoontes aan te kweek.

Hierdie nuwe superheld…

Sesde Nasionale Outismesimposium

In net meer as twee weke gaan die Sentrum vir Gesondheid en Menslike Prestasie (CHHP) by die Noordwes-Universiteit (NWU), saam met Outisme Suid-Afrika (A; SA) hulle sesde Nasionale Outismesimposium aanbied. Die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Kinder- en Adolessente Psigiatrie en Verwante Beroepe gaan weer eens hierdie…

Die NWU se wiele rol reeds vir die institusionele oudit

Voorbereidings is goed op dreef vir een van die belangrikste naderende gebeurtenisse in die akademiese lewe van die Noordwes-Universiteit (NWU): die eksterne institusionele oudit wat in Augustus 2022 uitgevoer sal word. Die NWU se institusionele oudit is deel van ’n reeks oudits van hoër onderwysinstellings wat uitgevoer word onder die vaandel…

Protea-krieketspan noem weer NWU hulle “tuisveld”

Die nasionale krieketspan, die Proteas, het van 22 tot 24 Augustus die Noordwes-Universiteit weereens hulle “tuisveld” genoem toe hulle die universiteit se Sport Village in Potchefstroom as voorbereidingsbasis gebruik het.

Die Proteas speel vanaf 2 September in drie eendagwedstryde…

NWU wens sy Olimpiese helde geluk

Die topplekke in enige sportsoort is slegs vir ’n paar uitgesoektes beskore: diegene wat – deur vasberadenheid – hulle talente op hulle gebied ten volle gebruik. Dit is geen maklike taak nie, en slegs ’n paar kom bo uit. Wanneer dit gebeur, is hulle prestasies daar vir die wêreld om te aanskou – en veral by die…

Eagles vlieg hoog in eerste vyf Varsity Netbal-rondtes

Die Noordwes-Universiteit se Eagles het hulle 2021 Varsity Netbal-veldtog goed begin. Die voormalige kampioene, wat deur Elsunet du Plessis afgerig word, het hulle toernooi baie goed afgeskop deur die eerste vier van hulle vyf wedstryde te wen.

In ’n verkorte toernooi, wat in ’n…

Werkloosheid is nou die “wreedste belasting” op ’n kwesbare bevolking

’n Nuwe rekordhoogtepunt (34,4%) in die Suid-Afrikaanse werkloosheidskoers in die tweede kwartaal van 2021 bevestig die vernietigende impak wat die Delta-variant van die koronavirus en die meegaande inperkingsmaatreëls op die ekonomie en die arbeidsmark gehad het.

Prof Raymond…

Liezl Gouws is gereed om haar Paralimpiese stempel af te druk

Sy het haar vasberadenheid reeds oor en oor bewys – meer as wat iemand van haar ouderdom dit behoort te doen, en Liezl Gouws is gereed om dit weer te doen. Hierdie vierdejaar-farmasiestudent van die Noordwes-Universiteit (NWU), wat as vyfjarige ’n serebrale verlamming opgedoen het nadat sy ’n beroerte gekry het, gaan Suid-Afrika by die 2021…