Gemeenskapsnuus

NWU onder die bestes in ingenieurstudies

Die Noordwes-Universiteit (NWU) is een van die topinstellings in Suid-Afrika in ingenieurstudies.  Dit is volgens die jongste ranglys deur Times Higher Education (THE), wat die NWU op die gebied van ingenieurswese in die derde posisie onder nege plaaslike hoëronderwysinstellings geplaas het (dieselfde as verlede jaar…

NWU slaan sesse: Plavei die pad – een LEGO-blokkie op ’n keer

Daar is ’n beroemde Chinese spreekwoord wat sê “As jy vir ’n jaar beplan, plant rys; as jy vir ’n dekade beplan, plant bome; as jy vir ’n leeftyd beplan, voed mense op”.

Daar is talle maniere waarop ’n mens ’n impak in die wêreld kan maak, maar daar is geen groter impak wat gemaak…

Liezl is terug en sterker as ooit

Sy is terug. Maar tog anders. Sy is nie meer dieselfde Liezl Gouws nie. Japan het haar verander. Dit het sowat 100 km weg van die skadu van Berg Fuji en sy sneeubedekte kroon gebeur. Elke druppel sweet wat van haar afgetap het is verruil vir wysheid en ervaring.

Liezl (23) het…

Lae vlak van leenkoste bevorder steeds ekonomiese stabiliteit

Die besluit verlede week deur die Monetêre Beleidskomitee (MBK) om die repokoers vir die vierde agtereenvolgende keer onveranderd te laat, was te wagte, en in ooreenstemming met markverwagtings.

Prof Raymond Parsons, ekonoom van die Besigheidskool van die Noordwes-Universiteit (…

Plante bied inheemse oplossings vir gesondheidsorg

Ongeveer 80% van Suid-Afrika se bevolking is vir hulle gesondheidsorgbehoeftes van mediese plante afhanklik, en dit lei tot ’n toenemende belangstelling in die kommersialisering van plantgebaseerde geneesmiddels.

Navorsing deur Tshepiso Ndhlovu, ’n PhD-kandidaat aan die Noordwes-Universiteit (NWU), gee ons ’n kykie na die potensiaal van…

Jongste graderings bevestig die NWU se gehaltevakke weer eens

Is jy ’n gesondheidskundige of sielkundige, of wil jy graag hierdie vakke bestudeer?  Dit is bevestig. Die Noordwes-Universiteit (NWU) is net die regte plek om te wees vir ’n gehalte-opvoeding in hierdie velde. Soos vorige graderings hierdie jaar, gee die jongste graderings deur Times Higher Education (THE) World Rankings per vakgebied…

Studente plaas NWU onder die allerbestes op ranglys

Studente plaas die Noordwes-Universiteit (NWU) onder die room van die oes van Suid-Afrikaanse universiteite wat studente-ervaring en afkampusleer betref. Dit is volgens die pasvrygestelde StuDocu World University Ranking 2021.

Die NWU het ’n indrukwekkende hoë afkampusleer-telling…

NWU baanbreker lei internasionale vereniging vir stelselwetenskap

Die wêreld is ’n betowerende plek vol interessante gebeure en voorvalle. Dit vind nie in isolasie plaas nie, en om die ingewikkeldhede van enige gebeurtenis of interaksie ten volle te verstaan, is dit belangrik om die “groter prentjie” daaragter te ondersoek.

Dit is kortliks waaroor…

Die stryd teen GBV

Suid-Afrika word elke paar maande geskud deur ’n storie van geslagsgebaseerde geweld (GBV) wat die meeste van ons verstom laat. Die liggaam van ’n finalejaarstudent in die Regte is onlangs in ’n verminkte toestand in ’n plastieksak buite Oos-Londen gevind. Haar seksmaat is vir die beweerde misdaad in hegtenis geneem.…

Janneman Malan se betowering duur voort

Niemand – nie eers Janneman Malan self nie – sal onder enige illusie wees dat sy Bradmanese gemiddelde in die eendagwedstryde vir die Proteas sal voortduur nie. Gewone sterflinge kan nie sulke prestasies volhou nie (tensy jy natuurlik sir Don Bradman is – hoewel die Aussie-legende nooit witbalkrieket gespeel het nie…