Akademiese nuus
NWU baanbreker lei internasionale vereniging vir stelselwetenskap
Die wêreld is ’n betowerende plek vol interessante gebeure en voorvalle. Dit vind nie in isolasie plaas nie, en om die ingewikkeldhede van enige gebeurtenis of interaksie ten volle te verstaan, is dit belangrik om die “groter prentjie” daaragter te ondersoek.
Dit is kortliks waaroor…
Die skuif na aangepaste vlak 2 is positief, maar die ekonomie is nog nie uit die moeilikheid nie
President Cyril Ramaphosa se aankondiging oor die verskuiwing van Suid-Afrika na aangepaste vlak 2 van die inperking is positief vir die ekonomie, waarvan die vooruitsig egter steeds verdere versterking en die bou van vertroue nodig het.
Prof Raymond Parsons, ekonoom van die…
Wetenskap laat jou vlieg!
Wetenskap is verskriklik verslawend. Dit gee vir ’n mens ’n kykie op wonders waaraan jy in jou wildste drome nie kon dink nie. Godfrey Mosotho weet dit beter as die meeste mense en hy hou nie hierdie geheim vir homself nie.
Mosotho bedryf ’n eksperiment waarin hy meteorologiese…
NWU vier meertaligheid:Taalbewustheidsweek
Die doel van Taalbewustheidsweek (TBW) by die Noordwes-Universiteit (NWU) hierdie jaar is om meertaligheid te vier. TBW 2021 word deur die Fakulteit Opvoedkunde in samewerking met die Taaldirektoraat gekoördineer en sal vanaf 13 tot 17 September aanlyn plaasvind.
…
Suid-Afrika moet daarop konsentreer om die huidige ekonomiese herstel te verbreed
Die goeie nuus oor Suid-Afrika se groeiprestasie in die tweede kwartaal van 2021 is te verwelkom. Dit suggereer ’n stadige maar bestendige herstel van die skokke wat as gevolg van die verdere inperkings en burgerlike onrus vroeër hierdie jaar ervaar is.
Prof Raymond Parsons,…
Ranglys plaas vir die tweede agtereenvolgende jaar die NWU onder die topses plaaslike universiteite
Die THE World University Rankings het weer eens, soos verlede jaar, die Noordwes-Universiteit (NWU) onder die topses universiteite in Suid-Afrika geplaas. Die NWU word wêreldwyd tussen 501 en 600 geplaas uit meer as 1 600 universiteite uit 99 lande en streke wat vir die 2022-graderings geëvalueer is.
…NWU bied toonaangewende fisikakonferensie aan
Die konferensie van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Fisika (SAIP) speel al jare lank ’n sentrale rol om die Suid-Afrikaanse fisikagemeenskap byeen te bring, en ’n plek te wees waar nuwe bevindings gedeel, navorsingsamewerkings gekweek en studente geïnspireer kan word.
Hierdie…
NWU-superheld gee hipertensiebewustheid ’n kragtige hupstoot
Is dit Superman? Batman? Spiderman? Nee, dit is Kaptein Hart! Hy is Noordwes-Universiteit (NWU) se superheld op ’n belangrike sending – om ’n bewustheid van die gevare van hipertensie te skep en om jong kinders te inspireer om gesonde eetgewoontes aan te kweek.
Hierdie nuwe superheld…
NWU wens sy Olimpiese helde geluk
Die topplekke in enige sportsoort is slegs vir ’n paar uitgesoektes beskore: diegene wat – deur vasberadenheid – hulle talente op hulle gebied ten volle gebruik. Dit is geen maklike taak nie, en slegs ’n paar kom bo uit. Wanneer dit gebeur, is hulle prestasies daar vir die wêreld om te aanskou – en veral by die…
Werkloosheid is nou die “wreedste belasting” op ’n kwesbare bevolking
’n Nuwe rekordhoogtepunt (34,4%) in die Suid-Afrikaanse werkloosheidskoers in die tweede kwartaal van 2021 bevestig die vernietigende impak wat die Delta-variant van die koronavirus en die meegaande inperkingsmaatreëls op die ekonomie en die arbeidsmark gehad het.
Prof Raymond…