Akademiese nuus

NWU-Juta-skynverhoorkompetisie vier sy tiende verjaardag met aanlyn verhore

Die gewilde jaarlikse NWU-Juta-skynverhoorkompetisie vier sy tiende verjaardag. Die kompetisie sal hierdie jaar in ’n aanlyn formaat plaasvind.

As gevolg van die Covid-19-pandemie het die Juta-skynverhoorkompetisie nie in 2020 plaasgevind nie, maar gaan hierdie jaar voort met die oog daarop om regstudente die…

NWU benut osoontegnologie as kostedoeltreffende bestryder van Covid-19

Die Noordwes-Universiteit se navorsers en innoveerders werk aan oplossings om virusse, bakterieë en swamme, insluitende die koronavirus, op ’n groot skaal te vernietig.  Namate die Covid-19-pandemie voortgaan om verwoesting te saai, is snelwerkende, laekoste-oplossings vir ontsmetting noodsaaklik om die krisis die hoof te bied. Die NWU het…

Geweld moet vinnig in bedwang gebring word

Wat op die spel is vir die Suid-Afrikaanse ekonomie indien wet en orde nie gou herstel word nie, is onomwonde deur president Cyril Ramaphosa in sy toespraak op 12 Julie beklemtoon.

Prof Raymond Parsons, ekonoom by die Besigheidskool van die Noordwes-Universiteit (NWU), sê dat die…

Die CHHP se Instituut vir Sportwetenskap en Ontwikkeling is steeds aan die gang ten spyte van die inperking

Die Noordwes Sportakademie (NWAS) gebruik al langer as twee dekades die Instituut vir Sportwetenskap en Ontwikkeling by die Sentrum vir Gesondheid en Menslike Prestasie (CHHP) as konsultant.  Die dienste sluit evaluerings, oefenprogramme, werkswinkels en verskeie ander spesialisdienste in. Sportkodes wat tans by hierdie dienste ingesluit is, is…

Nuwe vennootskap sal vir chemiese ingenieurs groot voordele inhou

Die Skool vir Chemiese en Mineraalingenieurswese by die Noordwes-Universiteit het ’n vennootskap met ’n sagtewaremaatskappy gesluit wat hulle aan die voorpunt van ontwikkeling sal plaas.

Die vennootskap met METSIM, die voorste modelleringsagtewaremaatskappy, sal die ontwerp van nuwe…

Diepleerstudente skitter by die NWU-gradeplegtigheid

Die Fakulteit Ingenieurswese aan die Noordwes-Universiteit (NWU) is met reg trots op die sukses van sy nuwe groep nagraadse studente in die MuST-navorsingsnisarea (Meertalige Spraaktegnologie-navorsingsnisarea).

Al sewe meestersgraadstudente wat by MuST se 2019/2020-diepleerprogram…

NWU ontvang gunstige graderings van internasionale agentskappe

Die Noordwes-Universiteit (NWU) sit sy indrukwekkende prestasie op verskeie wêreldwye ranglyste voort met ’n 120ste plek op die 2021 Times Higher Education (THE) Young University Rankings.

Die jongste THE Young University Rankings, wat op 23 Junie 2021 gepubliseer…

Laat die Grondwet vir straatverkopers werk

Terwyl die informele sektor honderde duisende mense uit armoede ophef, verhinder verskeie munisipale verordeninge die uitbreiding van hulle sakeondernemings, en skend in ’n mate hulle regte. ’n Navorser aan die Noordwes-Universiteit (NWU) glo dat ’n moontlike oplossing vir die beskerming en ontwikkeling van hierdie sektor by die Grondwet lê.…

Boomplantasies benadeel ekostelsels

Deur inheemse woude met boomplantasies te vervang, word die grond op ’n mikrobiese vlak benadeel deur ’n impak op die vrugbaarheid van die grond en die gesondheid van die planeet te hê. Dit is een van die gevolgtrekkings waartoe die Noordwes-Universiteit (NWU)-akademikus prof Olubukola Oluranti Babalola gekom het. Sy het onlangs saam met dr…

Optentia is die beste POP

Positiewe organisasiesielkunde (POP) is ’n vinniggroeiende gebied, en die Noordwes-Universiteit (NWU) se Optentia-navorsingsfokusarea is onder die top-10 in die wêreld vir publikasies en sitate op hierdie gebied. Wat meer is, die topdrie POP-navorsers het bande met Optentia, wat sedert 2002 vir “Enabling Optimal Expression of Individual, Social…