NWU Besigheidskool

RNE-kabinet moet die ekonomiese agenda uitstippel om groter beleidsekerheid te verseker

Die langverwagte aankondiging deur president Cyril Ramaphosa van die nuwe kabinet van die Regering van Nasionale Eenheid (RNE) is oor die algemeen goed vir besigheid en beleggersvertroue.

Prof Raymond Parsons, ekonoom van die NWU Besigheidskool, sê die markte gaan waarskynlik positief reageer wanneer hulle die nuwe mengsel van kabinetsaanstellings ontleed.

Submitted on Mon, 07/01/2024 - 10:37

Stabiele RNE saam met beleidsekerheid sal sakevertroue maksimaliseer

Nadat ’n uiters geslaagde vrye, regverdige en vreedsame waterskeidingsverkiesing op 29 Mei gehou is, onderneem Suid-Afrika nou om ’n Regering van Nasionale Eenheid (RNE) saam te stel om ’n verkiesingsuitkoms te navigeer waar geen enkele party ’n meerderheid behaal het nie. Om die nuwe politieke dinamiek te bestuur en stabiliteit te verskaf, word ’n RNE nou gevorm.

Prof Raymond Parsons, ekonoom van die Noordwes-Universiteit (NWU) Besigheidskool, sê hoëgroei-ekonomieë bou gewoonlik hulle voorspoed op stewige en stabiele politieke basisse.

Submitted on Wed, 06/19/2024 - 08:29

Suid-Afrika moet die laegroeivalstrik oorwin om uitdagings suksesvol aan te pak

Die negatiewe groeisyfer van die bruto binnelandse produk (BBP) van -0,1% kwartaal tot kwartaal weerspieël weer eens hoe moeilik dit vir die ekonomie was om in die onlangse verlede momentum te verkry.

In sy kommentaar op die BBP-syfers wat Statistieke SA op 4 Junie vrygestel het, sê prof Raymond Parsons, ekonoom van die Noordwes-Universiteit (NWU) se Besigheidskool, hoewel BBP-groei nog moontlik ’n matige 0,9% in 2024 as geheel kan bereik, die totale BBP in die eerste kwartaal van 2024 laer is as die hoogtepunt wat in die derde kwartaal van 2022 bereik is.

Submitted on Wed, 06/05/2024 - 09:53

Koalisieregering omvat risiko’s sowel as geleenthede

“Teen die agtergrond van die tussentydse uitslag van die land se deurslaggewende 2024-verkiesing tot dusver is Suid-Afrika tans op ongekarteerde en onseker terrein, wat weerspieël word in die aanvanklike reaksie van die finansiële markte en die rand.”

Prof Raymond Parsons, ekonoom van die Noordwes-Universiteit (NWU) se Besigheidskool, sê dat hoewel die ontwikkeling van koalisieregering, op nasionale sowel as provinsiale vlak, nie onverwags is nie, kan die presiese konfigurasie van koalisiereëlings ’n belangrike impak op Suid-Afrika se ekonomiese prestasie hê.

Submitted on Fri, 05/31/2024 - 10:30

Onveranderde rentekoers geen verrassing nie

Die jongste verklaring deur die Monetêrebeleidskomitee (MBK) van die Suid-Afrikaanse Reserwebank (SARB) was weer eens sonder verrassings, nadat die komitee vir die sesde keer die afgelope jaar rentekoerse onveranderd gelaat het.

In sy kommentaar oor die besluit deur die MBK om weer eens rentekoerse onveranderd te laat, het prof Raymond Parsons, ekonoom van die Noordwes-Universiteit (NWU) Besigheidskool, gesê dat leenkoste – soos verwag is – vir verbruikers en sakelui dus langer hoër sal bly.

Submitted on Fri, 05/31/2024 - 09:47

Boek ondersoek ekonomiese toekoms ná verkiesingsuitslag

’n Boek deur ’n klompie skrywers wat deur die bekende ekonoom, prof Raymond Parsons van die Noordwes-Universiteit (NWU) se Besigheidskool, geredigeer is, wil kiesers aanmoedig en bemagtig om in hierdie kritieke verkiesingsjaar ingeligte keuses te maak.

“Daar is geen omdraaikans meer nie, en die opsies het minder geraak. Wanneer alles in ag geneem word, is Suid-Afrika nie meer by die spreekwoordelike kruispad nie, maar eerder by ’n T-aansluiting,” sê prof Parsons.

Submitted on Wed, 04/10/2024 - 14:51

Prof Alistair Mokoena: belegging in goeie opvoeding is die sleutel

Prof Alistair Mokoena, Google Suid-Afrika se direkteur vir ons land, het beloof om vanaf 2024 elke jaar R50 000 aan die Noordwes-Universiteit (NWU) te skenk. Volgens prof Mokoena sal die bedrag van die befondsing in die Dr Alistair Mokoena Education Fund belê word en gebruik word om enige student wat finansiële hulp nodig het, te ondersteun.

Prof Mokoena glo dat ’n bydrae vir die bevordering van kennis en innovasie kan help om die opvoedkundige ervaring van studente te verryk – tot buite die klaskameromgewing.

Submitted on Thu, 04/04/2024 - 09:14

Spoedige ekonomiese hervormings moet geïmplementeer word vir beter groeivooruitsigte

“Die goeie nuus is dat Suid-Afrika op die ou end ’n ‘tegniese resessie’ (twee agtereenvolgende kwartale van negatiewe groei) naelskraap vermy het deur in die vierde kwartaal van 2023 ’n geringe styging van 0,1% in die bruto binnelandse produk (BBP) geregistreer het.”

In sy kommentaar op die groeisyfers vir die vierde kwartaal van 2023 wat op 5 Maart vrygestel is, het prof Raymond Parsons, ekonoom van die Noordwes-Universiteit (NWU) se Besigheidskool, gesê dit volg op ’n daling van -0,2% in die BBP in die derde kwartaal van 2023.

Submitted on Wed, 03/06/2024 - 12:09

Begroting slaag nie daarin om tasbare oplossings vir ernstige uitdagings te verskaf nie

Die Suid-Afrikaanse Begrotingstoespraak van 21 Februarie – wat met ’n toon van optimisme en verbintenis gelewer is – het ’n regering ontbloot wat met ekonomiese uitdagings sukkel terwyl hulle na vordering streef.

Prof Joseph Sekhampu, hoofdirekteur van die Noordwes-Universiteit (NWU) se Besigheidskool, sê dat bekommernisse en onbeantwoorde vrae by nadere ondersoek na vore kom.

Submitted on Thu, 02/22/2024 - 11:00

Begroting erken dat die ekonomie nie vinnig genoeg groei nie

In die lig van ’n kommerwekkende kombinasie van ekonomiese en fiskale uitdagings het die Minister van Finansies, Enoch Godongwana, in sy Begrotingstoespraak op 21 Februarie ’n realistiese evaluering gegee van die sosio-ekonomiese en fiskale uitdagings wat Suid-Afrika in die gesig staar, insluitende ’n “hoë soewereine kredietrisiko”.

Dit is die mening van prof Raymond Parsons, ekonoom van die Noordwes-Universiteit (NWU) se Besigheidskool.

Submitted on Thu, 02/22/2024 - 10:56