Alternatiewe maatreëls vir kansellasie van skuld onder die soeklig
Talle Suid-Afrikaners wat in skuld verdrink, kan ’n potensiële reddingsboei ontvang ná ’n studie deur die Noordwes-Universiteit (NWU) se meestersgraadgegradueerde Paballo Mothibi oor die kansellering van skuld van diegene wat geen inkomste of bates het nie.
Die onderwerp van die studie is “Alternative measures for the discharge of debts for over-indebted persons under debt-related legislation in South Africa”.