HPI ʼn NWU-juweel
Jean Verster se entoesiasme is aansteeklik. Wêreldkampioene kan daarvan getuig – vra maar vir Caster Semenya en vele ander.
Jean Verster se entoesiasme is aansteeklik. Wêreldkampioene kan daarvan getuig – vra maar vir Caster Semenya en vele ander.
Chederick van Wyk is in die jaar van kampioene gebore, en dit is wat hy geword het. Die wêreld het vir die eerste keer op 8 Februarie 1995 met hierdie toekomstige naelloper kennis gemaak, ’n paar maande voor die Springbokke die Web Ellis-trofee op ’n geskiedkundige middag op Ellispark omhoog gehou het. Die voorsienigheid het ook ’n toekomsplan vir hierdie seuntjie van Prieska gehad.
Atlete van die Noordwes-Universiteit (NWU) het oudergewoonte hulle stemme tydens die onlange Suid-Afrikaanse Senior Atletiekkampioenskap dik gemaak en die NWU se trofeëkas bars weer uit sy nate.
Dié kompetisie is van 15 tot 17 April in Pretoria gehou.
’n Senior lektor in die navorsingsfokusarea Menslike Metabolomika aan die Noordwes-Universiteit (NWU) is vir die volgende vyf jaar as ’n geaffilieerde lid van die Afrika-akademie vir wetenskap (AAW) gekies.
Die Arende is op hulle pos! Die NWU se Varsitybeker-veldtog het op ’n hoë noot begin toe hulle die Madibaz van NMMU op Maandag 5 April in Pretoria met 47–28 geklop het.
Die impak van die Covid-19-pandemie en die geweldige spanning en las wat dit op Suid-Afrika se mediese kundiges geplaas het, het die Noordwes-Universiteit (NWU) se saak vir ’n mediese skool in Noordwes dramaties versterk.
Amptelike NWU-dokumente beweer dat, ten spyte daarvan dat daar mededingende belange en finansiële druk as gevolg van Covid-19 is, het die pandemie die behoefte aan die gerief beklemtoon.
Tydens die eerste drie weke van die staat van inperking verlede jaar, was die slagoffers van geslagsgebaseerde geweld (GBV) saam met hulle molesteerders ingeperk, met geen plek om weg te kruip nie. Gedurende daardie tydperk het die regering se bevelsentrum teen GBV en moord op vroue het alleen meer as 120 000 slagoffers aangeteken. Die minister van polisie, Bheki Cele, het later daardie jaar aangekondig dat Suid-Afrika steeds die verkragtingshoofstad van die wêreld is, met ongeveer 132 insidente per 100 000 mense.
Dertien akademici van die Noordwes-Universiteit (NWU) het erkenning vir hulle uitnemendheid in gemeenskapsontwikkeling ontvang.
Hulle is op 31 Maart tydens die NWU se toekenningseremonie vir uitnemendheid in gemeenskapsontwikkeling (GO) vereer.
Met ’n ouderdomsgaping van 25 jaar tussen hulle is ma en seun Susan en Janu Fouche albei aanvaar om hulle eerste jaar by die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit (NWU) te doen.
Die Noordwes-Universiteit se jaarlikse Potchpourri-konsertreeks beloof om ’n heuglike vertoning te wees van die baie talente van die personeel by die NWU se Skool vir Musiek en ander Suid-Afrikaanse musikante wat die entoesiaste van klassieke musiek in vervoering sal hê.