NWU-alumnus Arrie Rautenbach as nuwe HUB van Absa aangewys

Bertie Jacobs

Arnold (Arrie) Rautenbach, ’n alumnus van die Noordwes-Universiteit (NWU), is as Absa se nuwe Hoof- Uitvoerende Beampte: Kleinhandel- en Sakebankeenheid Suid-Afrika aangestel en neem die leisels by dié bankreus met onmiddellike effek oor.

 Arrie is sedert November 2011 die hoof van Absa se kleinhandel- en sake-eenheid.

 Die 56-jarige het ‘n Baccalaureus in Besigheidsadministrasie sowel as ÿ MBA-graad van die NWU. In 2012 is Arrie as die Kleinhandelbankier van die Jaar deur Retail International Banker Magazine aangewys, en tesame met sy verkeie prestasies dien hy ook op ÿ aantal direksies.

 “Sy uitgebreide ervaring in die banksektor, sy uitgebreide kennis van Absa opgebou deur verskeie uitvoerende rolle deur die jare, asook sy ervaring en sterkpunte in strategieontwikkeling en -uitvoering, maak dat hy ideaal geposisioneer is om die groep gedurende hierdie tyd te lei,” het Absa in ÿ amptelike verklaring gesê. 

....
 Arnold (Arrie) Rautenbach
 

Submitted on Tue, 03/29/2022 - 13:02