Akademie

Baie kundigheid tussen al die blare van TREES versteek

Wanneer ons oor toerisme dink, kom beelde van lang safariroetes deur die Afrikabos, luilekker dae in die son op die wit sand van ons ongerepte strande en die pragtige argitektoniese meesterstukke – vreemd en ook eiesoortig – by ons op. Toerisme is egter ’n komplekse bedryf wat aan die nukke en grille van ’n ongelooflike aantal veranderlikes onderwerp is.

Submitted on

Professor sit NWU-tradisie op gewilde radioprogram voort

’n Trotse tradisie om standpunt in te neem om die omgewing te beskerm, is springlewendig.

Die kundiges van die Noordwes-Universiteit (NWU) was jare lank deel van die baie gewilde weeklikse insetsel Omgewingspraatjies op die radioprogram Brêkfis met Derrich op Radio Sonder Grense (RSG) op Saterdagoggende. Prof Rialet Pieters, professor in Dierkunde by die Skool vir Biologiese Wetenskappe, sit hierdie tradisie op RSG voort as die NWU se nuwe stem op Omgewingspraatjies.

Submitted on

Die room van NWU se geoktrooieerde rekenmeesters is weer bo

Die Geoktrooieerde Rekenmeesterskap-program van die Noordwes-Universiteit (NWU) is werklik ’n krag om mee rekening te hou. ’n Mens kan dit sien nadat die Suid-Afrikaanse Instituut vir Geoktrooieerde Rekenmeesters (SAIGR) die uitslae bekend gemaak het van sy Aanvanklike Toets van Bevoegdheid (ITC), waarin die NWU se klas van 2021 ’n merkwaardige 100% gekombineerde slaagsyfer in Januarie en Junie 2022 behaal het. Van die beperkte getal kandidate wat met onderskeiding geslaag het, is drie van die NWU.

Submitted on

NWU verwelkom nuwe VSR-lede

Die Noordwes-Universiteit (NWU) verwelkom sy pas verkose Verteenwoordigende Studenteraad (VSR), wie se termyn amptelik op 6 September begin het.

Die huidige VSR sal vir ’n tydperk van een jaar onder die leierskap van die VSR-voorsitter, Yikumba Andreas, ’n gegradueerde in Bestuurswetenskappe en Bemarkingbestuur en tans ’n baccalaureusgraadstudent in Ekonomiese Wetenskap met Ekonomie en Risikobestuur, dien.

Submitted on

NWU-professor gebruik stelseldenke om die konsep van leer te verander 

Prof Roelien Goede is passievol oor onderwys en het na Potchefstroom verhuis, waar sy in 2001 as dosent in die destydse Skool vir Rekenaarwetenskap, Statistiek en Wiskunde aangestel is.

Haar hoofnavorsingsfokus, waarvoor sy in 2018 ’n C2-gradering by die Nasionale Navorsingstigting (NNS) van Suid-Afrika ontvang het, is die verbetering van databewaring in Suid-Afrika met behulp van stelseldenke.

Die verbetering van databewaring sluit ’n fokus op tegniese verbeterings in en op die verbetering van die gereedheid van gegradueerdes om die databewaringsbedryf te betree.

Submitted on

Bring biokinetika na die openbare sektor

Prof Hanlie Moss, navorsingsdirekteur van FASRek (Fisiese Aktiwiteit, Sport en Rekreasie) aan die Noordwes-Universiteit (NWU), het haar meestersgraad in Biochemie voltooi, hoewel sy nog altyd ’n groot belangstelling gehad het in die wyse waarop die menslike liggaam beweeg.

Sy het gimnastiek afgerig terwyl sy haar BSc in Fisiologie en Biochemie voltooi het en het besluit om menslike bewegingskunde te bestudeer om ’n beter afrigter te word.

Submitted on

Dis moontlik om saans te kook omdat termiese energie gestoor kan word

’n Mens kan nou saans sonkragstowe gebruik om warm etes voor te berei, aangesien termiese energie in stelsels gestoor kan word.  Sommige stelsels werk egter beter as ander, en daar is ruimte vir verbetering. So sê prof Ashmore Mawire van die navorsingsgroep vir sontermiese energie by die Noordwes-Universiteit (NWU).

Hy het onlangs ’n openbare lesing gegee waar hy vorige en huidige navorsingsresultate bespreek het van die groep, wat onder die navorsingfokusarea Materiaalwetenskap-innovasie en -modellering (MaSIM) val.

Submitted on

Organisasieleiers kan hulle risikobestuursbeleggings optimaliseer deur nuwe metodes te ondersoek

Alle staats- en privaat organisasies moet die sistemiese risiko’s van ons komplekse wêreld hanteer. Sulke inherent komplekse kwessies is egter moeilik om te bestuur, selfs wanneer beduidende hulpbronne in die implementering van formele risikobestuursraamwerke en verwante prosesse benut word. Dit is daarom belangrik vir organisasieleiers om nuwe metodes te ondersoek om die bydrae van risikobestuursprosesse te bevorder wanneer hulle probeer om hulle doelwitte te bereik, sê prof Hermien Zaaiman van die Optentia navorsingseenheid van die Noordwes-Universiteit (NWU).

Submitted on

Plaaslike energie-oplossings is die beste vir Afrika

Plaaslike oplossings vir die energiekrisis in die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskapslande (SAOG-lande) is nodig, sê dr Pamelah Cheuka, ’n spesialis in ekonomie wie se PhD-tesis op die energie-uitdagings van die streek gefokus het.

Dr Cheuka se onlangse studie oor die impak van energiedoeltreffendheid en die opwekking van hernubare energie op produktiwiteit in die SAOG het die potensiaal om beleidsvorming oor energie te beïnvloed, veral in hierdie tye van klimaatsverandering.

Submitted on