Akademie

Minister lewer ’n realistiese en geloofwaardige fiskale boodskap in begrotingstoespraak

“Teen die agtergrond van moeilike wêreld- en plaaslike ekonomiese omstandighede, het die Minister van Finansies, Enoch Godongwana, vandag ’n realistiese en geloofwaardige fiskale boodskap in die mediumtermynbegroting-beleidsverklaring (MTBBV) gelewer.”

In sy kommentaar op die MTBBV het prof Raymond Parsons, ekonoom van die Besigheidskool van die Noordwes-Universiteit (NWU), gesê dat Suid-Afrika se staatsfinansies nou op ’n baie meer volhoubare basis geplaas word.

Submitted on

Verhoogde brandstofpryse is nie bloot net verhoogde brandstofpryse nie

Net soos beurtkrag, kom die styging in brandstofpryse in Suid-Afrika so gereeld voor dat ons al ongevoelig is daarvoor. Wanneer ’n prysstyging aangekondig word, hoor ons dit en gaan met ons daaglikse lewens aan. Stygings in brandstofpryse het egter ’n impak op meer as net die uiteindelike leweringskoste van produkte. Vervoer speel ’n vername rol in die aanbodketting. Die konsep van aanbodkettingbestuur verwys na die omvattende proses van die verkryging en die verwerking van grondstowwe in ’n finale bruikbare produk wat in die kleinhandel verkoop kan word.

Submitted on

NWU die heel bestes by internasionale parasitologiekongres

Parasiete word dalk deur baie mense as verpestelike organismes beskou, maar om hulle en hulle impak op ekologiese stelsels te verstaan, is noodsaaklik in natuurstudie. Die navorsers en studente van die Noordwes-Universiteit (NWU) blink as kundiges op hierdie gebied uit.

Die NWU het tydens die onlangse Internasionale Kongres vir Parasiete van die Natuurlewe (International Congress of Parasites of Wildlife) nie net met al die medaljes vir nagraadse studente weggestap nie, maar ook die mees gesogte toekenning vir ’n navorser ontvang.

Submitted on

Gandhi, Fleischack en hulle verbintenis met die Noordwes-Universiteit

Hy word as een van die grootste menseregtestryders en spirituele leiers van alle tyd vereer. Mahatma Gandhi, wat vreedsame weerstand bepleit het en burgerlike-ongehoorsaamheidsbetogings vir geslagte ná hom beïnvloed het, is ’n internasionale ikoon met ’n spesiale band met Potchefstroom, en indirek met die Noordwes-Universiteit (NWU).

Submitted on

NWU-kundiges deel hulle reis met borskanker

Dit is die diagnose wat die meeste mense vrees: kanker. Twee professore van die Noordwes-Universiteit (NWU), wat albei op verskillende maniere deur hierdie lewensbedreigende siekte geraak is, sê die emosionele tol wat dit eis, kan net so rampspoedig wees as die fisieke skade wat dit aanrig. Hulle gee kundige raad oor hoe om dit te hanteer wanneer kanker ’n persoonlike werklikheid word.

Submitted on

NWU onder die top- plaaslike universiteite in Suid-Afrika op ranglys geplaas

Die Noordwes-Universiteit (NWU) bly onder die top- plaaslike universiteite soos dit duidelik uit die jongste World University Rankings van Times Higher Education (THE) blyk.

Volgens die THE, is die NWU onder die topses universiteite in Suid-Afrika. Die graderingsagentskap het op 12 Oktober die ranglys vir hulle 2023-siklus vrygestel. Dit plaas die NWU in die 601-tot-800-kategorie.  

Submitted on

Speltoetser om gratis afgelaai te word nou vir SA-tale beskikbaar

 

Die Speltoetsers vir Suid-Afrikaanse Tale (Spelling Checkers for South African Languages), ’n spel- en woordafbrekingtoetser-instrument vir tien van Suid-Afrika se amptelike tale, Engels uitgesluit, is nou beskikbaar om gratis van die webwerf van die Suid-Afrikaanse Sentrum vir Digitale Taalhulpbronne (SADiLAR) afgelaai te word.

Submitted on

Voortsetting van siklus van rentekoersverhogings was onvermydelik

Die verklaring deur die Monetêre Beleidskomitee (MBK) van die Suid-Afrikaanse Reserwebank (SARB) op 22 September het te midde van verskeie wêreldwye en plaaslike onsekerhede om verstaanbare redes ’n aggressiewe boodskap oor die inflasievooruitsigte in die ekonomie oorgedra.

Prof Raymond Parsons, ekonoom van die Besigheidskool van die Noordwes-Universiteit (NWU), sê die meerderheidsiening was ’n styging van 75 basispunte ten einde inflasieverwagtinge progressief vas te maak. Dit is belangrik dat twee lede van die vyfpersoon-MBK ’n verhoging van 100 basispunte wou gehad het.

Submitted on

Prof Golightly oor probleemgebaseerde leer om selfgerigte leer in Geografie-onderwys te bevorder

Prof Aubrey Golightly het tydens sy intreelesing die invloed van probleemgebaseerde leer (PGL) op studente se selfgerigteleervaardighede (SGL-vaardighede) bespreek, en na PGL gekyk as ’n manier om SGL in Geografie-onderwys te bevorder. SGL is ’n proses waartydens individue eienaarskap van hulle eie leer neem. Hulle identifiseer hulle eie leerbehoeftes, leerdoelwitte en hulpbronne wat vir leer nodig is, kies geskikte leerstrategieë, en evalueer leeruitkomste vir hulleself.

Submitted on

Dr Bismark Tyobeka oor Suid-Afrika se toekoms met kernkrag

Die debat oor kernkrag is nou al meer as ’n driekwarteeu aan die gang.  Voorstanders daarvan hemel steeds die deugde daarvan op, terwyl dié wat daarteen gekant is, vas glo dat die risiko’s swaarder as die voordele weeg. Die bekende kernerenergiekundige en visekanselier van die Noordwes-Universiteit (NWU), dr Bismark Tyobeka, is onlangs benoem om as Suid-Afrika se verteenwoordiger op die senior bedryfsadviespaneel (Senior Industry Advisory Panel, SIAP) van die Generation IV International Forum (GIF) te dien.

Dr Tyobeka deel sy gedagtes oor wat die toekoms vir kernkrag inhou.

Submitted on