Akademie

NWU vereer sy verteenwoordigers van uitnemendheid

Die Noordwes-Universiteit (NWU) het tydens die universiteit se Uitnemendheidstoekennings vir 2021/2022 sy voorlopers van uitnemendheid – een van die universiteit se kernwaardes – gevier.

Die luisterryke toekenningseremonie het op 24 November by Snowflake in Potchefstroom plaasgevind.

Die NWU het tydens hierdie gebeurtenis die heel beste akademici regoor die drie afdelings van die universiteit se kernbesigheid vereer: onderrig en leer, navorsing en innovasie, en gemeenskapsbetrokkenheid.

Submitted on

AUTHeR – Unmasked Research-4-Health

Die Fakulteit Gesondheidswetenskappe en die Afrika-eenheid vir Transdissiplinêre Gesondheidsnavorsing (AUTHeR) het op 2 November, in samewerking met die provinsiale Departement van Gesondheid, die Dr Kenneth Kaunda-distrik se navorsingsdag op die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit (NWU) aangebied. Dit was die eerste geleentheid van hierdie aard wat sedert 2017 gehou is en dit was ’n dawerende sukses met verteenwoordigers van al vier die distrikte in Noordwes en ongeveer 250 mense wat dit bygewoon het.

Submitted on

NWU was die mede-aanbieder van die intree- jaarlikse Moses Kotane-lesing

Die Noordwes-Universiteit (NWU), die Noordwes Provinsiale Regering (NWPR) en die Moses Mauane Kotane-stigting het gesamentlik op 18 November die intree- jaarlikse Moses Kotane-lesing aangebied.

Hierdie jaar se gebeurtenis met die tema: Resetting South Africa’s journey towards recovery and rebuilding, het kundige sprekers, hoogs gerespekteerde hoogwaardigheidsbekleërs* (insluitende die premier van Noordwes) en lede van die gemeenskap ingesluit wat op die Potchefstroomkampus byeengekom het.

Submitted on

WAITRO 2022: Spesiale belangegroep in Afrika gaan die pad vir voorspoed in Afrika help oopmaak

Die Wêreldvereniging vir Bedryfs- en Tegnologiese Navorsingsorganisasies (World Association of Industrial and Technological Research Organizations, WAITRO) het op Woensdag 16 November tydens sy tweejaarlikse beraad WAITRO se spesiale belangegroep in Afrika, die WAITRO Africa Special Interest Group (SIG), bekendgestel om ’n nuwe era van wêreldwye samewerking in te lui sodat kwessies wat uniek is aan die vasteland hanteer kan word.

Submitted on

NWU se visekanselier spreek joernaliste by die Nasionale Persklub se post-covid herbekendstelling toe

Die Nasionale Persklub (NPK) het op Donderdag 3 November sy post-Covid-19-herbekendstelling by die ikoniese Pretoriase Nasionale Botaniese Tuin gehou. Lede van die NPK sluit nuusjoernaliste, akademici, entrepreneurs en lede van die samelewing in. Besluitnemers en intellektuele wat die Suid-Afrikaanse diskoers bevorder, is ook lede.

Submitted on

Prof Shan Simmonds oor die herbesinning oor menseregte – saam met en in die kurrikulum

 

Toe Suid-Afrika in 1994 tot ’n demokratiese staat verklaar is, was prof Shan Simmonds net 11 jaar oud. Hoewel sy besef het dat dinge om haar verander, kon sy nie die dieper diskoers verstaan wat hierdie veranderings deurtrek het nie. Haar ervaring was dat ’n handjievol swart leerders gevoeg is by wat tot op daardie stadium ’n plaasgemeenskapskool slegs vir wittes was.

Submitted on

Tegnologie- en innovasiekundiges by die NWU deel kennis met afvaardiging uit Malawi

Dit neem ’n span spesialiste om te verseker dat die goeie idees, baanbrekerinnovasies en indrukwekkende intellektuele eiendom van die Noordwes-Universiteit (NWU) in ’n toenemend mededingende omgewing aan die voorpunt bly.

Ter erkenning van die kundigheid aan die NWU het ’n afvaardiging uit Malawi die universiteit se Tegnologie-oordrag en Innovasie-ondersteuningskantoor (TTIS-kantoor) van 2 tot 4 November besoek met die oog daarop om ’n soortgelyke kantoor in hulle land te vestig – die eerste in Malawi.

Submitted on