AUTHeR – Unmasked Research-4-Health

Die Fakulteit Gesondheidswetenskappe en die Afrika-eenheid vir Transdissiplinêre Gesondheidsnavorsing (AUTHeR) het op 2 November, in samewerking met die provinsiale Departement van Gesondheid, die Dr Kenneth Kaunda-distrik se navorsingsdag op die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit (NWU) aangebied. Dit was die eerste geleentheid van hierdie aard wat sedert 2017 gehou is en dit was ’n dawerende sukses met verteenwoordigers van al vier die distrikte in Noordwes en ongeveer 250 mense wat dit bygewoon het. Die trotse titel van die gebeurtenis was “Unmasked Research-4-Health” en dit het daarin geslaag om navorsers, praktisyns, nagraadse studente en sleutelrolspelers in gesondheidsnavorsing byeen te bring.

Navorsing is ’n belangrike deel van gesondheidsorg en dien as aanwyser van die deurlopende pogings van gesondheidsorgkundiges om maniere te ontwikkel en te vind om gesondheidsverwante probleme en dienste in ons provinsie beter te verstaan en te verbeter. Terselfdertyd wy NWU-akademici en nagraadse studente baie tyd daaraan en doen baie moeite om navorsing oor staats- en privaat gesondheidsorgstelsels te doen, maar hierdie rolspelers is dikwels nie eers van mekaar bewus nie. In ’n opname van al die gesondheidsverwante projekte in Noordwes in 2021 het AUTHeR 101 noemenswaardige projekte gevind waar die rolspelers nie van mekaar bewus was nie. Die Dr Kenneth Kaunda-distrik se navorsingsdag is deur dr Carien Lion-Cachet, voorsitter van die Dr Kenneth Kaunda-distrik se navorsingskomitee, geïnspireer en gekoördineer om ’n platform te verskaf waar klinici en akademici byeen kan kom en gesondheidsverwante navorsing in Noordwes kan uitvoer. Die doel is om verhoudings tussen die NWU se Fakulteit Gesondheidswetenskappe en die Noordwes Departement van Gesondheid (NWDvG) te versterk deur ’n doeltreffender platform vir samewerking te skep.

Vir die heel eerste keer het prof Awie Kotzé (NWU), prof Binu Luke (NWDvG), prof Ebrahim Variava (Perinatale MIV Navorsingseenheid, PHRU) en Tanya Nielson (Aurum Instituut) by die navorsingsdag die dag saam geopen. Dit was wonderlik om te besef dat die NWU se Fakulteit Gesondheidswetenskappe tegnologie besit wat nêrens anders in die land verkry kan word nie. Voorts het die Klerksdorp/Tshepong Hospitaalkompleks ’n nuwe kernmedisyne-eenheid wat onder die bestes in die land is. Die PHRU is tans betrokke by baanbrekernavorsing, veral oor pulmonêre TB, en die Aurum Instituut was direk by kliniese proewe vir Covid-19-entstof betrokke. Ons eie Noordwes is die tuiste van tegnologie en navorsing van wêreldgehalte.

Wat die navorsingsinhoud van die dag betref, het onderwerpe hoofsaaklik om  kliniese sorg en ‚ gesondheidsorgstelsels en mensehulpbronne vir gesondheidsorg gewentel. Aanbiedingstitels het die volgende ingesluit:

Clinical outcomes in children admitted for malnutrition in Tlokwe Municipality, North-West Province: A comparative study of referral sources (Dr J Staats)

Intranasal permeation of phytochemicals of selected psychoactive medicinal plants across excised sheep nasal tissue (Mrs A Haasbroek-Pheiffer)

Perceptions of causes of death, particularly undiagnosed TB, among non-hospital deaths in a TB burden setting (Mr S Dubazana)

Biokinetics in Public Health: The B-Healthy project HR and health system (Prof H Moss)

Laws and ethics of care in the Cloud’s era: potential for medicolegal suits and jurisdictional implications for health care in South Africa (Prof U Useh)

Factors influencing clinical competence of young professional nurses employed at selected Public Hospitals of North-West Province: Operational Managers’ perspectives (Dr K Matlhaba)

Accountability and high turnover of registered nurses at Matlosana sub-district - primary health (Mrs P Nolan)

Text-based telehealth improves male circumcision services quality while reducing workload in urban and rural settings (Mr F Ndebele)

A transition to practice programme for community service nurses (Dr N Scheepers)

Senior lektor dr Christi Niesing sê: “Dit was die eerste keer dat daar so ’n verteenwoordiging van soveel vlakke van spesialiste van die Departement van Gesondheid en die Universiteit en die bedryf was. Dit was ’n trippelheliks-viering van samewerkende pogings.”

AUTHeR sal baie graag in die toekoms die gaping tussen akademici en gesondheidsorgkundiges verder wil oorbrug deur die Dr Kenneth Kaunda-distrik se navorsingsdag ’n jaarlikse gebeurtenis te maak en weer met die NWDvG saam te werk.

 

Submitted on Thu, 11/24/2022 - 09:51