Akademie

Suid-Afrika se water-rebelle

Hulle staan saam as die water-rebelle (water mavericks) bekend: die Noordwes-Universiteit (NWU) se prof Carlos Bezuidenhout en prof Henk Bouwman het ’n magdom ervaring tussen hulle en het reeds groot erkenning vir hulle waterverwante navorsing op hulle onderskeie gebiede ontvang.

Submitted on Thu, 12/08/2022 - 08:57

NWU Besigheidskool stel ’n nuwe hoofdirekteur aan

’n Nuwe hoofdirekteur het by die Besigheidskool van die Noordwes-Universiteit (NWU) aangesluit. Dr Joseph Sekhampu, ’n uitvoerende beampte in privaat hoër onderwys, sal op 17 Januarie 2023 die leisels oorneem.

Dr Sekhampu spog met bestuurskundigheid wat insluit dat hy die hoof van handel en bestuur (vanaf Augustus 2022), hoofbedryfsbeampte (2019 tot 2022) en dekaan van die Skool vir Handel (2014 tot 2019) by Milpark Education – ’n Suid-Afrikaanse privaat onderwysinstelling in besigheidsopvoeding – was.

Submitted on Thu, 12/08/2022 - 08:35

Innoveerders neem aan die Britse Raad (British Council) se kommersialisasieprogram deel

Die Britse Raad in Suid-Afrika het twee innoveerders van die Noordwes-Universiteit (NWU) gekies om aan sy intreeprogram oor die versterking van vaardighede in kommersialisasie – Strengthening Commercialisation Skills (SCS) – deel te neem. Hierdie program is op die gebiede van die geesteswetenskappe, kunste en die sosiale wetenskappe (HASS) gerig.

Submitted on Tue, 12/06/2022 - 11:33

Moenie dat die feesseisoen se treurmares jou finansiële norm word nie

Die is die seisoen van vreugde, maar talle Suid-Afrikaners gaan meer angs as vreugde ervaar namate die feesvierings van die feesseisoen nader kom. Hierdie Suid-Afrikaners word aan bande gelê deur die gewoontes van roekelose besteding en swak finansiële advies. Benewens familie en vriende wat op hulle voorstoep opdaag, gaan die fiskale spook van 2022 wat verby is dalk veroorsaak dat daar slegte in plaas van goeie tye voorlê.

Submitted on Tue, 12/06/2022 - 11:16

NWU gee aan meestersgraadstudente in Maatskaplike Werk ’n blik op die realiteit van die strafhof

’n Hof kan ’n skrikwekkende plek wees – veral vir ’n kind. Jong slagoffers van huishoudelike geweld en seksuele mishandeling moenie net hulle eie trauma hanteer nie, maar moet ook die hofverrigtinge, kruisondervraging en die lewer van getuienis trotseer in ’n omgewing wat hulle as vyandig en skrikaanjaend ervaar.

Submitted on Thu, 12/01/2022 - 16:02

Besluit om die rentekoers te verhoog, dra ’n sterk boodskap oor die hantering van inflasie uit

“In ooreenstemming met markverwagtings het die Monetêrebeleidskomitee (MBK) met ’n meerderheidstem van drie teenoor twee die repokoers met nog 75 basispunte verhoog. Die minderheid was ten gunste van ’n 50-basispuntverhoging.”

Prof Raymond Parsons, ekonoom van die Besigheidskool van die Noordwes-Universiteit (NWU), sê die verklaring en besluit van die MBK op 24 November het ’n verdere sterk boodskap oorgedra oor hoe die Suid-Afrikaanse Reserwebank (SARB) inflasie in Suid-Afrika wil hanteer.

Submitted on Fri, 11/25/2022 - 09:59

NWU vereer sy verteenwoordigers van uitnemendheid

Die Noordwes-Universiteit (NWU) het tydens die universiteit se Uitnemendheidstoekennings vir 2021/2022 sy voorlopers van uitnemendheid – een van die universiteit se kernwaardes – gevier.

Die luisterryke toekenningseremonie het op 24 November by Snowflake in Potchefstroom plaasgevind.

Die NWU het tydens hierdie gebeurtenis die heel beste akademici regoor die drie afdelings van die universiteit se kernbesigheid vereer: onderrig en leer, navorsing en innovasie, en gemeenskapsbetrokkenheid.

Submitted on Fri, 11/25/2022 - 09:29

AUTHeR – Unmasked Research-4-Health

Die Fakulteit Gesondheidswetenskappe en die Afrika-eenheid vir Transdissiplinêre Gesondheidsnavorsing (AUTHeR) het op 2 November, in samewerking met die provinsiale Departement van Gesondheid, die Dr Kenneth Kaunda-distrik se navorsingsdag op die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit (NWU) aangebied. Dit was die eerste geleentheid van hierdie aard wat sedert 2017 gehou is en dit was ’n dawerende sukses met verteenwoordigers van al vier die distrikte in Noordwes en ongeveer 250 mense wat dit bygewoon het.

Submitted on Thu, 11/24/2022 - 09:51