NWU se vlagskip-navorsingsprojekte lewer ’n bydrae tot SA se toekoms

Die Noordwes-Universiteit (NWU) is op die voorpunt van navorsing wat ten doel het om gemeenskapsbetrokkenheid te bevorder en op ’n plaaslike, kontinentale en wêreldwye vlak ’n betekenisvolle bydrae tot mense se lewens te maak.

Prof Jeffrey Mphahlele, adjunk-visekanselier vir navorsing en innovasie verkeer, onder geen illusie oor die ingewikkeldhede wat ten opsigte hiervan by navorsing en innovasie, maatskaplike verwagtings van die belangrikheid van navorsing, asook die beskouings van die regering en multibelanghebbers oor die rol van instellings vir hoër onderrig betrokke is nie.

Skaars twee jaar nadat hy in die belangrike posisie as adjunk-visekanselier aangestel is, glo hy dat baie reeds deur die universiteit se navorsingsgemeenskap gedoen is, ten spyte van ’n paar inherente uitdagings in die sektor.

“Ons moet in staat wees om navorsing te doen wat aan volhoubare ontwikkelingsdoelwitte (SDG’s) voldoen en navorsingsprogramme wat sal poog om oplossings vir wêreldwye uitdagings te verskaf. In Suid-Afrika het ons probleme met energie, water en voedselsekerheid. Dit is net voorbeelde van wêreldwye uitdagings wat in Suid-Afrika, in die streek en regoor die wêreld is,” verduidelik prof Mphahlele.

Die NWU het op 24 November uitnemendheid in navorsing, innovasie, gemeenskapsbetrokkenheid, asook onderrig en leer en ander universiteitsbedrywighede vereer en erken.

Prof Mphahlele meen dit is hierdie soort uitnemendheidstoekennings wat die noodsaaklike rol beklemtoon wat die universiteit se navorsers speel.

Prof Mphahlele kyk na die noodsaaklike portefeulje waarvan hy die hoof is en laat die lig op huidige en toekomstige opwindende navorsingsprogramme en -projekte van die universiteit val.

Submitted on Thu, 12/08/2022 - 09:33