Studentelewe Nuus

NWU se Rugby-instituut bly ’n produksielyn vir die provinsies

Die Rugby-instituut van die Noordwes-Universiteit (NWU) het weer eens bewys dat hulle een van die land se vernaamste voorsieners van spelers is, met nie minder nie as ses spelers van die NWU Eagles-span wat die Varsitybeker gewen het wat nou provinsiale kontrakte losgeslaan het.

Hierdie spelers het ook hulle onderskeie akademiese grade…

Strukturele oplossings strek verder as monetêre beleid

Soos die meeste mense verwag het, het die Monetêrebeleidskomitee (MBK) met ’n meerderheid van 3:2 besluit om vir eers die rentekoerse onveranderd te laat in plaas daarvan om dit met ’n verdere 25 basispunte te verhoog.

In sy kommentaar op die MBK se besluit op 20 Julie het prof Raymond Parsons, ekonoom van die Besigheidskool by die…

Meld by die “hof” aan vir die NWU-Juta-Skynverhore

Dit is weer eens tyd vir studente om hulle regterlike togas vir die jaarlikse NWU-Juta-Skynverhore-kompetisie om te hang.

Hierdie jaar se kompetisie beloof om veral opwindend te wees, met die semifinale en die finaal wat respektiewelik op 6 en 7 Augustus in die Noordwes Hoë Hof in Mahikeng plaasvind. Die openingsfunksie word op 4…

Nuwe boek ondersoek hoër onderwys in die lig van ’n pandemie

Die Covid-19-pandemie het verwoesting agtergelaat en die hoëronderwyssektor is nie gespaar nie. Dit is die gevolgtrekking waartoe ’n nuwe boek, getiteld Higher Education in the Face of a Global Pandemic, gekom het. Die mederedakteurs daarvan was prof Petronella Jonck van die Noordwes-Universiteit (NWU) en prof Emnet Tadesse Woldegiorgis van die…

Op Wêreld Hipertensiedag vra navorsers vir ’n bewustheid en voorkoming van hipertensie

Ter erkenning van Wêreld Hipertensiedag het die NWU se Hipertensie in Afrika-navorsingspan (HART) ’n bloeddrukmoniteringsgeleentheid as deel van die Mei Metingsmaand-inisiatief gereël. Die doel van die geleentheid was om ’n bewustheid oor hipertensie, of hoë bloeddruk, te kweek en lig te werp op die belangrikheid van vroeë opsporing en…

Internasionale Museumdag: NWU Museum bring hulde aan die geskiedenis met ’n interaktiewe uitstalling

Deur Sandile Mahlangu

Die Noordwes-Universiteit (NWU) Museum het op 18 Mei Internasionale Museumdag op die Potchefstroomkampus gevier.

Hierdie dag word elke jaar regoor die wêreld gevier en die museum het besluit om dinge ’n bietjie anders aan te pak. Om sy ryk geskiedenis te vier, het hulle ’n…

Die NWU Besigheidskool ontvang nog ’n internasionale akkreditasie

Die Noordwes-Universiteit (NWU) Besigheidskool het onlangs sy akkreditasie by die vereniging vir besigheidskole in Afrika (Association of African Business Schools, AABS) ontvang. Die NWU Besigheidskool is deur die senior bestuurder vir Akkreditasie en Kwaliteit, dr Lungile Ntsizwane, verteenwoordig by die 2023 AABS Connect-konferensie, wat deur…

NWU nooi gemeenskapsvennote uit om by ’n netwerk van kundiges aan te sluit

Die Noordwes-Universiteit (NWU) waardeer die noodsaaklike werk van niewinsgewende organisasies (NWO’s) en die impak wat hulle op die verskaffing van ondersteuning aan omliggende gemeenskappe het. Die universiteit nooi al sy bestaande gemeenskapsvennote asook alle ander plaaslike NWO’s – insluitende skole, geloofsgebaseerde en…

BAQONDE se doelwit is om ’n wêreld van hoër onderwys oop te maak

Dit is noodsaaklik dat Afrikatale as onderrigtaal bevorder word indien ons wil hê dat ons kultuurerfenis bewaar moet bly, leeruitkomste moet verbeter en taalhindernisse verminder moet word. Dit het weer duidelik geword by die 2023 BAQONDE-kongres wat van 1 tot 5 Mei by die Noordwes-Universiteit (NWU) gehou is.

BAQONDE is ’n…

René glo dat wonderwerke steeds plaasvind

Om moed op te gee, was nooit ’n opsie vir die 23-jarige René Engelbrecht, wat onlangs haar BEd Grondslagfase-graad aan die Noordwes-Universiteit (NWU) behaal het, nie. Sy het haar graad cum laude verwerf.

Sy is gebore sonder ’n corpus callosum – die massa senuvesels wat die linker-…