Studentelewe Nuus
Pad the Way-projek ten bate van die gemeenskap
Die GoAllOut-organisasie se studente-afdeling by die Noordwes-Universiteit (NWU) het ’n gemeenskapsdiensprojek, genaamd Pad the Way, geïnisieer.
Die doelwitte van die Pad the Way-projek is om ’n bewustheid te kweek vir die belangrikheid van persoonlike higiëne vir vroue, om menstruasie-armoede hok te slaan, en om regeringsleiers aan te…
NWU gaan groen
Die omgewing sluit alle lewende en nielewende dinge in, en ons kan sien hoe negatiewe impakte die omgewing benadeel. Mense moet die omgewing verstaan, en ook die impak van mense se gedrag wat klimaatsverandering veroorsaak en tot gronderosie, swak luggehalte en ondrinkbare water lei.
Ten einde groter bewustheid oor die omgewing te skep…
Fietsryspan bring goud huistoe
Die NWU/CycloDNA-span het besonder goed gevaar by die 2023 Suid-Afrikaanse Nasionale Baan- en Parafietsrykampioenskap. Hulle het binne die eerste twee dae van die gebeurtenis, wat van 1 tot 5 April by die Bellville-fietsrybaan in Kaapstad plaasgevind het, twee goue medaljes gewen.
Prof Pieter Kruger, direkteur van die NWU Sentrum vir…
Geoktrooieerde rekenmeesters blink nasionaal uit
Die Noordwes-Universiteit (NWU) lewer steeds geoktrooieerderekenmeesterstudente van die hoogste gehalte, soos duidelik blyk uit die resultate van die Aanvanklike Toets van Bevoegdheid (ITC) van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Geoktrooieerde Rekenmeesters (SAIGR) en die Instituut vir Geoktrooieerde Rekenmeesters van Namibië (ICAN), wat in…
NWU hersien die farmasie-internskapprogram
Vir die meeste gegradueerde farmasiestudente is die verpligte eenjaar-internskap in farmasie die eerste stap na hulle diens aan die gemeenskap en die begin van hulle professionele loopbane as aptekers in Suid-Afrika.
Die doel van die internskapjaar is om gegradueerdes te help om die kennis en vaardighede toe te pas wat hulle tydens…
Eagles vlieg steeds hoog in die Varsitybeker
Hulle het maar net daardie iets, nie waar nie? Die agterlyn glip seepglad deur hulle teenstanders terwyl die voorspelers soos ’n trop woedende buffels almal uit hulle pad loop. Die Noordwes-Universiteit (NWU) Eagles het op Maandag 20 Januarie vyf drieë opgestapel toe hulle die Central University of Technology (CUT) se Ixias met 45-28 op die…
Lae stempersentasie: Opvoeding is die antwoord – Noordwes-Universiteit
Die straf en die oortreding pas nie by mekaar nie. Suid-Afrika het ’n endemiese, groeiende en unieke siekte wat nie net die gesondheid van ons land se demokratiese strukture raak nie, maar dit is ook ’n baie swak vorm van straf vir die gebrek aan dienslewering. Die stempersentasie raak al hoe laer, maar om weg te bly, is nie ’n oplossing vir…
NWU Eagles sit vir Tuks ore aan
Alles loop weer klopdisselboom. Ná ’n effense insinking teen Maties ’n week gelede, is die NWU Eagles weer op die voorvoet nadat hulle UP Tuks tydens die Varsitybekertoernooi in Pretoria met 26–22 kafgedraf het. Die seëvierende besoekers het vier drieë gedruk– twee deur Tino Swanepoel en een elk deur Keano Windvogel en Theuns Pretorius.…
Ronel Emms: “Daar kan boeke oor haar geskryf word.”
Sy is die onbetwiste moederfiguur van die Noordwes-Universiteit (NWU) se Rugbyinstituut. Sy is een van die helde agter die skerms. Sy is die vriendelike gesig wat jou eerste groet. Sy is Ronel Emms, en sy het net soveel aandeel aan die Rugbyinstituut se bultende trofeëkas as al dáái drieë wat goud ingesamel het.
As sekretaresse van die…
Boek ondersoek die rol van musiek in emosies
Musiek kan ’n mens se gemoed kalmeer. Daar word gesê “musiek maak die woedende monster stil”.
Dit kan byvoorbeeld ’n omgewing van kalmte, romanse, leer en kreatiwiteit skep. ’n Nuwe boek deur prof Conroy Cupido, ’n akademikus van die Noordwes-Universiteit (NWU), kyk hoe vier visuele kunstenaars oorspronklike kunswerke geskep het oor die…