Studentelewe Nuus
Franco pak die studentelewe met vaste tred aan
Dit was liefde met die eerste oogopslag. Seun ontmoet kampus. In 2019 besoek Franco van Dijk die Noordwes-Universiteit (NWU) se kampus in Potchefstroom as deel van ’n toer van sy skoolkoor.
“Ons het baie van die kampus te sien gekry – dit het amper soos ’n opedag gevoel. Ek het regtig baie gehou van wat ek sien en besluit dit was…
NWU se IKS-sentrum en Wits Universiteit werk saam om inheemse paleokennis te ondersoek
Die Inheemse Kennisstelselsentrum (IKS-sentrum) van die Noordwes-Universiteit (NWU) het ’n vennootskap met Wits Universiteit gesluit om paleontologienavorsing in die Karookom te doen.
Die span van die IKS-sentrum bestaan uit prof Simeon Materechera, ’n senior professor en navorsingsleier vir die NWU-span, en Otsile Maditsi, ’n dosent by…
Uitblinker Adele hardloop skitterende Twee Oseane
Bertie Jacobs
Die San Gabriel-berge, met spikkels sneeu op die hange en ’n wit sneeukombers op die pieke, kan in die winter vanaf die stad Rancho Cucamonga in Kalifornië gesien word. Die musikant Jake Hamilton is in 1979 daar gebore.
…Uitspeelrondte net buite bereik van die Eagles
Bertie Jacobs
Dapper poging. ʼn Baie dapper poging, manne. Die Noordwes-Universiteit (NWU) Eagles het só naby daaraan gekom om die Varsitybeker-uitspeelrondte te haal nadat hulle Wits op ’n sopnat Fanie du Toit-sportveld met 31–3 op Maandag 11 April geklop het…
FIH Junior Vrouehokkie Wêreldbeker ’n groot sukses
Bertie Jacobs
Nederland het gewen, maar hokkie was die oorwinnaar. Toe die eindfluitjie op Dinsdag 12 April geblaas het, was dit die Nederlandse ondersteuners wat gejuig het en die oranjegeklede spelers wat van vreugde gedans het omdat hulle Duitsland oortuigend met 3–1 gewen het in…
Nuwe toekenning om wêreldwye siekte hok te slaan
Bertie Jacobs
Malaria is ’n dodelike siekte wat wêreldwyd voorkom, en menselewens en die ekonomieë vernietig van die lande waar dit floreer.
Volgens die jongste syfers van die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) was daar in…
Siggestremde Cornelle en haar gidshond kry graad.
Bertie Jacobs
“‘Vogue’, soos die tydskrif,” beskryf die 22-jarige Cornelle Leach haar pikswart Labradortefie se naam. Vogue, wat nou die dag geesdriftig vir haar eerste skilpad in die Botaniese Tuin geblaf het. Vyfjarige Vogue wat ʼn jong seuntjie se roomys onlangs uit sy hand gegryp en…
Eagles hou halfeind-deur oop
Bertie Jacobs
Jinne, dit gaan verdeksels naby wees. Die NWU Eagles het Maandagaand 4 April in ʼn papsopnat Bloemfontein hulle uitspeelronde-hoop aan die brand gehou deur die CUT Ixias met 33–14 te klop.
Dit was ʼn gepaste…
SADiLaR en NWU stel die Digitale Humaniora Oop Opvoedkundige Hulpbronne se Kampioene-inisiatief bekend
Die Suid-Afrikaanse Sentrum vir Digitale Taalhulpbronne (SADiLAR) en die UNESCO-leerstoel vir Multimodale Leer en Oop Opvoedkundige Hulpbronne (OOH) aan die Noordwes-Universiteit (NWU) het tans hulle eerste inname by hulle Kampioene-inisiatief van Digitale Humaniora (DH) OOH.
Volgens prof Jako Olivier, NWU UNESCO-leerstoel vir…
Die NWU se kernnavorsing het ’n wêreldwye impak
Baanbrekerswerk, veeleisende jare van onderrig en leer en gespesialiseerde navorsing het oor die afgelope dekade en ’n half daartoe gelei dat die Noordwes-Universiteit (NWU) nou as Suid-Afrika se pionier op die gesofistikeerde gebied van kerningenieurswese beskryf word. Dit volg ná die onlangse voltooiing van die…