Sportnuus

Riaan Venter se troepe breek die USSA-droogte

“Vat ’n blaaskans, asseblief!” skree afrigter Riaan Venter aan die spelers wat hy op die baan by die Fanie du Toit Sportterrein afrig. Dit is die middel van Januarie, ’n maand of wat ná die oorwinning van die Noordwes-Universiteit (NWU) Eagles by die tennistoernooi van Universiteitesport Suid-Afrika (USSA) in Makhanda, vroeër bekend as…

’n Goeie slaaproetine het ’n positiewe invloed op atlete se prestasie

Hulle floreer op adrenalien, opwinding en energie, maar dit is veral slaap – of die gebrek daaraan – wat die prestasie van atlete kan beïnvloed. ’n Navorser van die Noordwes-Universiteit (NWU) sê haar navorsing toon dat die handhawing van goeie slaapgewoontes, of slaaphigiëne soos dit genoem word, nie net ’n atleet se prestasie en uithouvermoë…

Springbokke se Wêreldbeker-oorwinning help om R100 000 vir 2024 se NWU-studente te verseker

Dit was ’n impulsiewe besluit, maar sy het geweet dit kan werk. Soos die Springbokke en hulle miljoene ondersteuners, het sy geglo dit gaan waar word.

Toe kaptein Siya Kolisi die Webb Ellis-trofee omhoog lig nadat die Springbokke die All Blacks in die finaal van die IRB Rugby Wêreldbeker in Frankryk met 12-11 geklop het, het Nomvula…

Elmeré en Jarred as koninklikes van sport gekroon

Een van hulle was op reklameborde vanaf Kaapstad tot die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit (NWU) te sien. Die ander een is bietjie meer op die agtergrond. Maar daar is geen verskil in die impak wat Elmeré van den Berg en Jarred Elliot in hulle onderskeie sportkodes van netbal en pluimbal in 2023 gemaak het nie.

Hulle is…

Paulo par excellence

Daar was Woensdagaand 4 Oktober baie min wenkbroue gelig toe Vernon Paulo, die NWU se uithalerhaker, as die NWU Rugbyinstituut se Speler van die Jaar aangewys is.

Paulo is met die Johan Claassen-trofee vir sy uithalerspel in die Varsitybeker beloon en was deurgaans uitsonderlik. Nie net het hy die meeste drieë in die kompetisie gedruk…

NWU en NW Krieket verander die spel en werk saam op pad na uitnemendheid

Die doelwit van die Noordwes-Universiteit (NWU) om te belê in en sy impak regoor gemeenskappe uit te brei, het in sy wese met gemeenskapsbetrokkenheid verbind geraak.

Die aanvang van die 2023/24-krieketseisoen het op Donderdag 7 September by die Willows Garden Hotel plaasgevind, met verteenwoordigers van die NWU en Noordwes (NW) Krieket…

Lucy Twani: Neem die voortou by netbalspelerontwikkeling

Spelerontwikkeling: dit is deel van die kern van netbal by die Noordwes-Universiteit (NWU), en as daar ’n meer entoesiastiese voorstander hiervan is as Lucy Twani, gaan jy ver moet soek.

Lucy is die hoëprestasie-netbalafrigter vir die junior spanne by die Potchefstroomkampus, en dit is as gevolg van hierdie 27-jarige se toewyding om…

Liezel voeg nuwe pyl by haar atletiek-koker

Daar was min twyfel dat sy dit sou kon doen. Skrap dit – minder as min, maar wel meer as geen. Liezel Gouws sê sy sou miskien nie tydens die verspringgeleentheid by die onlangse Wêreld Para-Atletiekkampioenskap in Parys, Frankryk op die podium geëindig het nie, maar ʼn topposisie was haar gewis beskore.

“Ek het onlangs met verspring…

Naiden Jaarts vlieg!

Dit was so hittete of sy sierlike duik het veroorsaak dat sy vlerke geknip word. Hy lag nou nog half skaam wanneer hy daaraan terugdink. Dit was Maandag 27 Februarie in Potchefstroom tydens die Varsitybeker. Die Noordwes-Universiteit (NWU) Eagles het op die Fanie du Toit-sportterrein met Shimlas kragte gemeet, in wat uiteindelik op ʼn 63–16 drag…

Ses–stroop vir tennisster Johann

Dit is nou 148 jaar gelede sedert die Fransman Pierre Babolat natuurlike derms – dié van ’n bees – geneem het om snare vir ’n tennisraket te maak. Nou gebruik die topgekeurde manlike tennisspeler by die Noordwes-Universiteit (NWU) sy Babolet Pure Drive-raket om sy opponente op tennisbane regoor die land rond te jaag.

Trouens, die 20-…