Netbal sweef en floreer by die NWU

Dit is ’n vlugvoetige dans en balle wat met sierlike boë deur die lug vlieg. Dit is ’n tapisserie van spanwerk, saamgeweef deur drade van meedoënlose aanvalle en rotsvaste verdediging. Netbal is ’n sport soos geen ander nie, en een wat die Noordwes-Universiteit (NWU) bemeester het.

Dit was weer eens duidelik uit die magdom NWU-spelers wat vir die nasionale netbalgroepe gekies is. In die eerste plek het ons vir Sanmarie Visser, Sunel Smit, Favour Umeh en Jade Egwatu. Hierdie uitmuntende viertal is gekies vir die Suid-Afrikaanse onder 21-groep, wat in Maart in die kwalifiseringsrondte van Youth Africa gaan speel om vir die World Youth-kampioenskap in Gibraltar in 2025 te kan kwalifiseer.

Dan is daar Vivian Venancio en Jade Egwatu, wat ook vir die Suid-Afrikaanse jeugspan gekies is.

Laastens is Martiné Jordaan tans deel van die uitgebreide SPAR Protea-oefengroep.

“Al wat ek oor die NWU se netbalmeisies kan sê, is dat ingesteldheid alles is. Hulle is ’n ongelooflike groep. Saam is ons meer as bloot ’n span, ons is ’n klub wat bestaan uit afrigters, sportwetenskaplikes en ons ondersteuningsbasis, wat wonderlike dinge vermag. Die onder 21-groep is ’n goeie voorbeeld en ’n kulminasie van al hierdie faktore wat saam werk. As jy na ons span afrigters kyk, glo ek ’n afrigter se waarde word nie aan hulle rekord van wen of verloor, of aan hulle getuigskrifte gemeet nie, maar aan die impak wat hulle op hulle spelers se lewens het. Dit is wat ons het. As ek een boodskap vir al ons netbalspelers het, is dit die volgende: ‘Onthou waarom julle hierdie reis aangepak het, onthou waarom julle dit doen, en geniet dit’,” sê Helene Botha, sportbestuurder vir netbal, tennis en watersport op die NWU se Potchefstroomkampus.

...

 

Submitted on Thu, 02/01/2024 - 14:27