Elmeré en Jarred as koninklikes van sport gekroon

Een van hulle was op reklameborde vanaf Kaapstad tot die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit (NWU) te sien. Die ander een is bietjie meer op die agtergrond. Maar daar is geen verskil in die impak wat Elmeré van den Berg en Jarred Elliot in hulle onderskeie sportkodes van netbal en pluimbal in 2023 gemaak het nie.

Hulle is ook tereg as die NWU Potchefstroomkampus se Sportvrou en Sportman van die jaar vereer. Die langbeen-Elmeré het wonderlike hoogtepunte in haar jong loopbaan bereik deur die Proteas te verteenwoordig in die Netbal Wêreldbeker was plaaslik gehou is, en sy het ook in die Spar Protea Diamond-uitdaging en die Netbal Quad-reeks uitgeblink.

Jarred het op die pluimbalbaan geskitter, en sy talent kon gesien word vanaf die Afrika Pluimbal Kampioenskap in Benoni, Suid-Afrika tot by die Wêreld Pluimbal Kampioenskap in Kopenhagen, Denemarke.

Albei van hulle, saam met Deidré Jordaan (pluimbal), Jo-Ané van Dyk (spiesgooi), Tamzin Thomas (100 m en 4x100 m), Waldouw Smit (spiesgooi) en Benjamin Richardson (100 m en 4x100 m), het ook ’n uitnemendheidstoekenning (Award of Excellence) ontvang omdat hulle die vlag vir die NWU en Suid-Afrika op ’n senior nasionale vlak omhoog gehou het. Ander toekennings het gegaan aan Liezel Gouws, wat die NWU Para-Sport-toekenning ontvang het nadat sy aan die Wêreld Para Atletiekkampioenskap in Parys, Frankryk, asook aan die SASAPD Nasionale Kampioenskap deelgeneem het, terwyl die resiesstapper Janise Nell die toekenning as NWU Junior Sportvrou van die Jaar huis toe geneem het.

Hierdie toekennings, saam met nog ’n klomp ander, het weer eens getoon dat daar geen verhoog is waar atlete of afrigters van die NWU nie ’n duidelike impak maak nie.

...

Elmeré van den Berg

Submitted on Thu, 10/12/2023 - 09:59