NWU en NW Krieket verander die spel en werk saam op pad na uitnemendheid

Die doelwit van die Noordwes-Universiteit (NWU) om te belê in en sy impak regoor gemeenskappe uit te brei, het in sy wese met gemeenskapsbetrokkenheid verbind geraak.

Die aanvang van die 2023/24-krieketseisoen het op Donderdag 7 September by die Willows Garden Hotel plaasgevind, met verteenwoordigers van die NWU en Noordwes (NW) Krieket wat teenwoordig was.

Die NW Dragons het ook hulle nuwe toerusting bekend gestel en die gaste kon die eerste blik kry op die groep vir die komende seisoen, en hulle vennootskap met die NWU is aangekondig.

Die NW Dragons het beklemtoon dat dit vir hulle strategies noodsaaklik is om met die heel bestes saam te werk om die klub se prestasie te verbeter en krieket in die provinsie uit te brei, en hulle vennootskap met die NWU gaan die span in staat stel om talle verbeterings regoor al sy bedrywighede te maak.

Met die ikoniese NWU-simbool op hulle toerusting word daar van die bataljon van krieketspelers vereis om hulle hoogste gehalte van krieket te speel.

Dit is die NW Dragons se groep vir die 2023–24-veldtog

Lesiba Ngoepe, Ruan de Swart, Kerwin Mungroo, Duan Jansen, Migael Pretorius, Meeka-eel Prince, Caleb Sekela, Hlompo Modimokoane, Raynard van Tonder, Gideon Peters, Rubin Hermann, Grant Mokoena, Lesego Senokwane, Tebogo Mokoatedi (krag- en kondisioneringsafrigter), Neil Levenson (hulpafrigter), Craig Alexander (hoofafrigter), Jackie Kriel (fisioterapeut), Senuran Muthusamy (T-20-kaptein), Wihan Lubbe (eendag-kaptein) en Bamanye Xexe.

Die NWU hoof en visekanselier, prof Bismark Tyobeka, het gesê: “Ons is die enigste tersiêre-onderwysinstelling in Noordwes, dus is dit net gepas dat ons reageer wanneer die Dragons ons hulp benodig. Drie fundamentele pilare wat as die fondasie van ons universiteit dien, is onderrig en leer, navorsing en innovasie, en gemeenskapsbetrokkenheid. Ons belê deur hierdie vennootskap in gemeenskapsbetrokkenheid en ons verwag ’n produktiewe en bevredigende verhouding.”

Tebogo Mothlabane, die president van NW Krieket, het die universiteit geloof vir hierdie samewerking en hulle verseker dat die NWU ’n integrale deel van die gemeenskap is wat krieket regoor die provinsie ontwikkel.

NW Krieket se visepresident, Zubayr Minty, sien baie uit na die nuwe seisoen en is vasbaslote om hierdie samewerking ’n sukses te maak.

“Een hand was die ander in hierdie vennootskap. Ons doel is om die krieketgeriewe binne die provinsie te verbeter, en ons sien daarna uit om ’n groot opkoms te hê wanneer ’n wedstryd plaasvind, aangesien dit fantastiese publisiteit vir die NWU, Potchefstroom, die Dragons en die JB Marks-krieketveld sal wees,” sê hy.

Kyk na hulle eerste provinsiale wedstryd wanneer die NW Dragons die Westelike Provinsie op Saterdag 16 September op die JB Marks-krieketveld aanpak.

...

Die NW Dragons se span vir die 2023–2024-krieketseisoen.

....

Van links is die president van NW Krieket, Tebogo Mathlabane, hoof en visekanselier Prof Bismark Tyobeka, en die visepresident van NW Krieket, Zubayr Minty

Submitted on Wed, 09/13/2023 - 13:06