Potchefstroomkampus-nuus

NWU-bibliotekarisse bring kundigheid na inligtinggeletterdheid

Dr Mathew Moyo, hoofdirekteur van die Biblioteek- en Inligtingsdienste op die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit (NWU), en dr Sabelo Chizwina, direkteur van Inligting- en Leerdienste op die Vanderbijlparkkampus, is steeds besig om die NWU se wêreldwye voetspoor uit te brei.    

’n Boek wat poog om kennis en beste praktyke oor te dra, veral in inligtinggeletterdheid en verwante gebiede, naamlik Examining Information Literacy in Academic Libraries (2024), is onlangs gepubliseer. Dit is van groot waarde vir die biblioteek- en inligtingsdienssektor en die biblioteek- en… Read more

Verf, besprekings en aanbidding skep ’n geleentheid om te onthou

Sip-and-paint-geleenthede is meer as net ’n byderwetse aktiwiteit – dit is ’n heerlike kombinasie van kreatiwiteit, ontspanning en sosiale interaksie, wat ’n ruimte bied waar mense aan hulle kunstigheid uiting kan gee, ander mense kan ontmoet en kan ontspan.  

Die Noordwes-Universiteit (NWU) se Fakulteit Teologie en die King of Glory…

NWU-bibliotekarisse bring kundigheid na inligtinggeletterdheid

Dr Mathew Moyo, hoofdirekteur van die Biblioteek- en Inligtingsdienste op die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit (NWU), en dr Sabelo Chizwina, direkteur van Inligting- en Leerdienste op die Vanderbijlparkkampus, is steeds besig om die NWU se wêreldwye voetspoor uit te brei.    

’n Boek wat poog om kennis en beste praktyke…

Prof Christa tree uit as redakteur van PER/PELJ

Sy is bekend vir haar skerpsinnigheid in die regte en toewyding aan haar beroep. Sy het ’n ellelange lys toekennings en prestasies, maar ná 22 jaar van toegewyde diens, tree prof Christa Rautenbach uit haar huidige rol as hoofredakteur van die Potchefstroomse Elektroniese Regsblad (PER). In Engels staan dit as die Potchefstroom Electronic Law…

Ontmoet ons navorsers

Navorsers van regoor die fakulteite by die NWU gaan voort om opwindende werk op hulle kundigheidsgebiede te doen.

Prof Andries Moneyke is die direkteur van die navorsingsfokusarea Fisieke Aktiwiteit, Sport en Rekreasie (FASReK).

Dr Nicholin Scheepers is die programleier by die Kwaliteit in Verpleging en Vroedvrousorg (…

Navorser gebruik kunsmossels om waterbesoedeling te moniteer

Waterbesoedeling is ’n beduidende omgewingskwessie met ’n verreikende impak op die samelewing. Dit is nie beperk tot plaaslike of streeksgrense nie, en word deur klimaatsverandering vererger, wat gesondheidsrisiko’s vir die mens tot gevolg het.

In die hantering van sulke geweldige risiko’s vir ons waterhulpbronne, het ons nou innovasie…

Koloniale tekste met ’n verskil verskaf insig vir vandag

Die voortgesette invloed van kolonialisme kan regoor die wêreld gesien word, aangesien dit ’n blywende impak op samelewings en kulture het. In Suid-Afrika was die nasleep van kolonialisme veral diepgaande en gekenmerk deur tye van Hollandse en Britse oorheersing.

’n Navorsingsprojek getiteld “Colonial Pasts and Transnational Futures”,…

Plastiekbesoedeling plaas ’n demper op vierings

Daar word geskat dat 10 miljoen klein stukkies plastiek op die grasperk voor die Noordwes-Universiteit (NWU) se Fakulteit Regte in Potchefstroom lê, en die grond op die Fanie du Toit Sportterrein het ook hoë vlakke van plastiekbesoedeling. Dit plaas ’n demper op die vierings wat dikwels in hierdie ruimtes gehou word, en waar…

’n Fakulteit wat omgee stap die ekstra myl vir leerders

Graad 12-leerders is op die drumpel van volwassenheid en moet besluite vir hulle toekomstige loopbane en leefstyle neem. Die las van hierdie besluite en verwagtings van ouers, onderwysers en die samelewing kan oorweldigend wees.

Te midde van hulle stres en bekommernisse, kan hulle op mentors soos prof Fazel Freeks, medeprofessor en…

Ontsluit die krag van emosionele intelligensie

Die nagraadse studente (honneurs- en meestersgraad) van die Sentrum vir Bedryfswiskunde en Informatika (SBWI) is op Vrydag 8 Maart 2024 op ’n transformatiewe werkswinkel oor emosionele intelligensie getrakteer. Die werkswinkel is deel van ’n reeks geleenthede wat deur ABSA aangebied word om die Noordwes-Universiteit (NWU) te help om studente…

Sanmarie Visser volhard in haar netbaldroom

Op die hoek van Ds Abrey Beukes-rylaan en Jan de Klerk-weg in die buurt Oosterville pronk die woorde: “Volhard en Oorwin”. Dít is die leuse wat leerders van Hoërskool Duineveld in die snikhete Upington daagliks sien. Dít is wat die Noordwes-Universiteit (NWU) se Sanmarie Visser daagliks op die netbalbaan doen.

Van Keimoes tot Upington,…