NWU Business School

Stabiliteit in leenkoste is positief vir verbruikersvertroue

Soos algemeen te wagte was, het die Monetêrebeleidskomitee (MBK) weer met drie stemme teen twee besluit om die rentekoerse dieselfde te hou, soos met ’n soortgelyke besluit by die vorige vergadering van die MBK op 20 Julie.

Prof Raymond Parsons, ekonoom van die Noordwes-Universiteit (NWU), sê verder hierdie “aggressiewe verposing” was…

Beter groeisyfers toon veerkragtigheid, maar ongestadigdheid bly

Die beter-as-verwagte groei van 0,6% in die bruto binnelandse produk (BBP) in die tweede kwartaal van 2023 is welkome nuus, aangesien dit sy styging vir ’n tweede agtereenvolgende tydperk verhoog het.

Prof Raymond Parsons, ekonoom van die Noordwes-Universiteit (NWU) se Besigheidskool, sê dit demonstreer ’n noemenswaardige graad van…

Suid-Afrika se nasionale belange in die veranderende BRICS-landskap – sewe toetse

“Die waterskeidings- 15de BRICS-beraad wat in Johannesburg plaasgevind het, het – tot sy krediet – verskeie lopies op die telbord gehad teen die tyd dat dit verlede week tot ’n einde gekom het.”

Prof Raymond Parsons, ekonoom van die Noordwes-Universiteit (NWU) Besigheidskool, sê hoewel die uitkomste noodwendig ’n ingewikkelde mengsel…

Wesensinflasie toon welkome daling

Goeie ekonomiese nuus is dat die verbruikersprysindeks (VPI) (wesensinflasie) vir Julie weer eens ’n welkome dalingstendens getoon het deur vanaf 5,4% in Junie na 4,7% te daal.  

Prof Raymond Parsons, ekonoom van die Noordwes-Universiteit (NWU), sê dit is nie net ’n tweejaarlaagtepunt vir die VPI nie, maar is ook heelwat beter as die…

MBA Winterstudieskool: ’n Week van leer en groei

Die MBA Winterstudieskool van die Noordwes-Universiteit (NWU) se Besigheidskool, wat op 24 tot 28 Julie by The Roots Lifestyle Centre in Potchefstroom gehou is, was ’n verrykende en transformerende ervaring vir almal wat daar was. Die week het afgeskop met ’n groep interessante gassprekers wat die kursusgangers geïnspireer en ingelig gelaat het…

Afname in belegging dui op groter risiko’s vir groeivooruitsig

Die Nedbank Capital Expenditure Project Listing, wat ’n dramatiese afname in vastebeleggingsaktiwiteite in die eerste helfte van 2023 toon, laat ’n sterk rooi lig oor toekomstige beleggings- en groeitendense in die Suid-Afrikaanse ekonomie flits.

Dit gebeur terwyl aanhoudende kragonderbrekings, stygende rentekoerse en kostedruk ’n…

Strukturele oplossings strek verder as monetêre beleid

Soos die meeste mense verwag het, het die Monetêrebeleidskomitee (MBK) met ’n meerderheid van 3:2 besluit om vir eers die rentekoerse onveranderd te laat in plaas daarvan om dit met ’n verdere 25 basispunte te verhoog.

In sy kommentaar op die MBK se besluit op 20 Julie het prof Raymond Parsons, ekonoom van die Besigheidskool by die…

Pitso oor beleidsonsekerheid en die pad vorentoe vir die ekonomie

Prof Raymond Parsons het tydens die vierde Pitso vir 2023 die Beleidsonsekerheidsindeks van die NWU Besigheidskool vir die tweede kwartaal bespreek. Dit het ’n insiggewende bespreking oor die implikasies daarvan vir die ekonomie aan die gang gesit. Die kundiges het na die huidige stand van die indeks gekyk en die potensiële oplossings ondersoek…

Wesensinflasie toon steeds ’n afname

Dit is welkome – maar nie onverwagte nie – nuus dat die wesensinflasie (VPI) vir Mei steeds ’n afname toon.”

In sy kommentaar op die VPI sê prof Raymond Parsons, ekonoom van die Noordwes-Universiteit (NWU) se Besigheidskool, dat hoewel voedselkoste hoog bly, die algehele afwaartse tendens in wesensinflasie op pad is na vroeër…

BBP-groeisyfers vir die eerste kwartaal van 2023

Volgens prof Raymond Parsons van die Noordwes-Universiteit (NWU) Besigheidskool is die goeie nuus dat die BBP-groei van 0,4% in die eerste kwartaal van 2023, ná die hersiene -1,1%-groei in die vierde kwartaal van 2022, die Suid-Afrikaanse ekonomie in staat gestel het om ’n tegniese resessie – met ander woorde twee agtereenvolgende kwartale van…