Mensgerigte Stories

NWU-navorser help om nuwe data oor die Aarde en die Melkweg bloot te lê

’n Nuwe studie het die sluier oor ’n paar van die geheimenisse van die Melkweg gelig. Daar is bevind dat die Aarde vinniger as vroeër beweeg, en dat dit amper 2 000 ligjaar nader aan die gravitasiekolk in die middel van die Melkwegsterrestelsel is. Dit is volgens nuwe data wat oor ’n tydperk van 15 jaar deur die Japannese radio-astronomieprojek…

Geslagsgebaseerde geweld – hulp is nodig

Daar was oor die afgelope vyf maande talle verhale in die media oor slagoffers wat deur hulle lewensmaats getreiter, aangeval en selfs vermoor is. Volgens Statistieke SA is die voorkoms van geslagsgebaseerde geweld (GBV) in Suid-Afrika vyf keer hoër as die wêreldwye gemiddelde.

Prof…

Suid-Afrika 2024 – ’n scenario-perspektief

Die Noordwes-Universiteit (NWU) Besigheidskool het onlangs ’n “Think Tank” aangebied oor die onderwerp Suid-Afrika 2024 – ’n scenario-perspektief (South Africa 2024 – a scenario perspective). Dr Frans Cronje, HUB van die Instituut vir Rasseverhoudinge, en dr Oscar van Heerden, Direkteur Bedrywighede by die Mapungubwe-instituut vir Strategiese…

Afgraderings beklemtoon noodsaaklikheid om ekonomiese narratief te verander

Die jongste besluite deur Fitch en Moody’s om Suid-Afrika se beleggingsgradering verder in rommelstatus in af te gradeer, is nie goeie nuus vir die Suid-Afrikaanse ekonomie nie.

Prof Raymond Parsons, ekonoom by die Noordwes-Universiteit (NWU) Besigheidskool, sê dat dit weer eens die dringende behoefte beklemtoon dat Suid-Afrika sy…

Rentekoerse onveranderd gelaat soos verwag

Prof Raymond Parsons, ekonoom by die Noordwes-Universiteit (NWU) se Besigheidskool, sê dat die Monetêre Beleidskomitee (MBK) se jongste besluit om weer eens die rentekoers onveranderd te laat, te wagte was in die lig van die ekonomiese model waarop die Suid-Afrikaanse Reserwebank (SARB) sy sake hanteer.

“Die MBK het weer eens…

NWU-navorsingsgroep lewer ’n bydrae tot internasionale voëlstudie

Die Noordwes-Universiteit (NWU) se navorsing oor die genetiese data van dwergpapegaaie, oftewel lovebirds (genus Agapornis), is by ’n omvattende internasionale voëlstudie ingesluit. Nege dwergpapegaaispesies kom inheems in Afrika en Madagaskar voor.

Hierdie navorsing het ook gelei tot ’n patent en die moontlike kommersialisering van ’n…

Lang en moeilike pad om die Suid-Afrikaanse Lugdiens reg te ruk

Die Noordwes-Universiteit se Ofentse Mokwena, ʼn vervoerekonoom, gooi sy blik op die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) se finansiële- en bedryfstreuermare en gee ook sy voorstel vir oplossings.

Die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) het verborge kwesbaarhede gehad toe dit tot in die middel-2000’s deel van Transnet Bpk. was. Voor daardie tyd is…

Begrip van konsensuele niemonogamie (swinging) uit ’n Suid-Afrikaanse perspektief

Hoewel sommige mense dit as taboe beskou, vind swinging – om jou maat toe te laat om geslagsomgang met ander mense te hê – al dekades lank regoor die wêreld plaas.’n Eenvoudige Google-soektog lewer duisende resultate oor die leefstyl op, en tog is bitter min oor swinging uit ’n Suid-Afrikaanse perspektief bekend.

Marina Basson, ’n PhD-…

Pre-TSD en die Covid-19-onsekerheid

Die impak van die Covid-19-epidemie op ons geestesgesondheid kan nie onderskat word nie. Vanuit ’n Suid-Afrikaanse perspektief het maande van harde inperking die manier verander waarop ons leef, die manier waarop ons werk en selfs die manier hoe ons funksioneer. Op sielkundige vlak kon ons nie heelhuids daarvan afkom nie. ’n Nuwe studie deur…

Projek oor vloektaal lewer wetenskaplike kennis

“Myns insiens het dit besonder goed gegaan met die projek. Nie net is die tegnologie en infrastruktuur daargestel vir goeie navorsing in die komende jare nie, maar ons het ook ’n groot klomp geregistreerde gebruikers gekry.”So sê prof Gerhard van Huyssteen, professor van Afrikaanse en Nederlandse Taalkunde by die Noordwes-Universiteit (NWU…