Mensgerigte Stories
Tegnologie- en innovasiekundiges by die NWU deel kennis met afvaardiging uit Malawi
Dit neem ’n span spesialiste om te verseker dat die goeie idees, baanbrekerinnovasies en indrukwekkende intellektuele eiendom van die Noordwes-Universiteit (NWU) in ’n toenemend mededingende omgewing aan die voorpunt bly.
Ter erkenning van die kundigheid aan die NWU het ’n afvaardiging uit Malawi die universiteit se Tegnologie-oordrag…
NWU se kanselier ontvang gesogte internasionale toekenning
Die kanselier van die Noordwes-Universiteit (NWU) is vereer met ’n gesogte internasionale toekenning omdat sy ’n verskil in haar gemeenskap maak – nie net plaaslik nie, maar ook wêreldwyd.
Dr Anna Mokgokong, wat in 2019 as die NWU se kanselier ingehuldig is, is die ontvanger van die Internasionale Vroueforum (IVF) se Vroue wat ’n…
Driekuns vir “nicosmiti” met ’n derde lewende spesie wat sy naam dra
In William Shakespeare se toneelstuk Romeo en Juliet vra Juliet die eeue oue vraag: “What’s in a name?” In die geval van die Noordwes-Universiteit (NWU) se navorser prof Nico Smit is die antwoord duidelik – sy naam is sinoniem met kundige bydraes op die gebied van dierkunde.
Hierdie gevierde akademikus en parasitoloog-taksonoom volg in…
Andre Fouché is Rugbyinstituut se beste
Sy naam is sinoniem met ongenaakbare verdediging, seepgladde vaardighede en ʼn kanniedood-enjin sonder ʼn trurat. Andre Fouché is ʼn yster wat in die NWU Rugbyinstituut se oond gegiet is en vanjaar het hy die tonge los gespeel.
Tydens die NWU Rugbyinstituut se jaareindfunksie is Fouché as die Rugbyinstituut se Varsitybeker Speler van die…
Kindergesondheid: Kom ons keer terug na wat werk
“Ons moet ʼn toekoms skep waar ons kinders gesond en fisiek aktief is.” Dít, sê professor Dané Coetzee, kinderkinetikaspesialis by die Noordwes-Universiteit (NWU) se Skool vir Menslike Bewegingswetenskappe, moet ʼn prioriteit bly. Daarom moet daar ook in ʼn toenemend digitale wêreld gekyk word na wat in die verlede gewerk het.
“Ek het deur…
Mediumtermynbegroting-beleidsverklaring ontvang ’n “slaagpunt”
Dit is ’n slaagpunt. Dit is die gevolgtrekking van ’n paneel kundiges wat deur die Noordwes-Universiteit (NWU) se Besigheidskool ontvang is en gevra is of die 2022 Mediumtermynbegroting-beleidsverklaring (MTBBV) ’n “druip-” of “slaagsyfer” moet ontvang.
Die Minister van Finansies, Enoch Godongwana, het op Woensdag 26 Oktober die MTBBV…
Kersfees het inderdaad vroeg aangebreek
By Sandile Mahlangu
Die NWU Simfonie-orkes het onlangs ’n Christmas Comes Early-konsert by die NWU Sanlam Ouditorium op die Potchefstroomkampus gehou.
Die orkes het die Noordwes-gemeenskap met Kersliedjies en ’n Kersfees-speellys vir die Kersfeesseisoen voorberei.
André Oosthuizen, die orkes se…
NWU hoof en visekanselier vereer met aanstelling as adjunkprofessor by topuniversiteit in VS
Die droom van die Noordwes-Universiteit (NWU) om ’n internasionaal erkende universiteit te wees, het onlangs ’n hupstoot gekry deur die aanstelling van sy hoof en visekanselier as adjunkprofessor by een van die topuniversiteite in die Verenigde State van Amerika.
Die Kollege vir Ingenieurswese by die North Carolina State University (…
Jo-Ané en Alan is NWU se atletiektrots
Sy is die heersende, verdedigende en onbetwiste spiesgooikampioen van die Noordwes-Universiteit (NWU), en Jo-Ané van Dyk is onlangs weer as die Potchefstroomkampus se Sportvrou van die Jaar aangewys. Dié uitnemende spiesgooier het weereens in 2022 haar staal op die internasionale verhoog gewys, waar sy Suid-Afrika by die Afrikaspele, die…
NWU is in die eerste plek in Suid-Afrika met ingenieurswese
Die Noordwes-Universiteit (NWU) is die beste keuse onder plaaslike universiteite vir studie op die gebied van ingenieurswese. Die jongste ranglys vir vakke deur Times Higher Education (THE) plaas die NWU aan die bopunt van die leer op hierdie gebied en beklemtoon die NWU se ander vakaanbiedings van gehalte.
Volgens THE se World…