Mensgerigte Stories

Deidre mik om vir Olimpiese Spele te kwalifiseer

Hierdie tyd van die jaar klou die humiditeit in Nigerië se hoofstad, Lagos, soos kleefgom aan jou lyf vas. Dit is drukkend, aanhoudend. Dan is daar Benin, Nigerië se susterland aan die westekant, net ʼn duisend kilometer bo die ewenaar. Die hawestad Cotonou is vasgevang tussen die Atlantiese Oseaan en Nokoué-meer, waar dit bekend is dat…

NWU huisves grootste Spar Netbalkampioenskap ooit

Eenduisendagthonderd deelnemers en beamptes. Ses-en-negentig spanne. Een Noordwes-Universiteit (NWU) wat die grootste Spar Netbalkampioenskap ooit aanbied.

Die Fanie du Toit Sportterrein het van 8 tot 13 Augustus behoorlik uit sy nate gebars met netbaltalent, en die NWU het weereens bewys dat daar nie ’n toernooi bo sy vuurmaakplek is…

Skaakmat is Anais Saayman se kos

“Die ‘s’ is silent,” verduidelik die pas 20-jarige Anais. “Jy spreek dit uit soos ‘A-ny’.” Om mense reg te help met die uitspraak van haar naam is tweede natuur. “Ek is al gewoond daaraan,” lag sy.

Dit is egter op die skaakbord waar dié oud-leerling van Potchefstroom Gimnasium en nou BCom Toerismebestuur-student by die Noordwes-…

Ali Bacher, hy sal weet

Hy is dalk klein van statuur, maar almal weet hy is gróót van gees. Dr Ali Bacher, Suid-Afrika se befaamdste krieketadministrateur, wat op 80-jarige ouderdom steeds wêreldwye aansien geniet, het vandeesweek die Noordwes-Universiteit (NWU) besoek om genoeg lewenslesse en staaltjies te deel om boeke vol te maak.

Hierdie gaslesing is deur…

Skielik kán hulle – studente ervaar sukses ná harde werk

Daar was die afgelope paar jaar nie naastenby genoeg skoolverlaters wat aan die minimum vereistes vir toelating tot tersiêre studiegebiede soos Ingenieurswese, Natuurwetenskappe, Ekonomiese Wetenskappe en Gesondheidswetenskappe voldoen het nie. Só sê Elza Hattingh van die Noordwes-Universiteit se Fakulteit Ingenieurswese wat aan die hoof staan…

Applous vir die finaliste en wenners van die Modiragatsi-innoveringskompetisie vir die jeug

Die Besigheidskool van die Noordwes-Universiteit (NWU) het op Vrouedag vanjaar die voorreg gehad om begaafde en skrander jong leerders en studente te vereer wat die potensiaal toon om ’n beter toekoms vir ons almal te skep!  Die finaliste en wenners van die Modiragatsi-innoveringskompetisie vir die jeug is tydens ’n ontbytgeleentheid by The…

NWU skenk rekenaars en boeke aan die JB Marks-gemeenskapsbiblioteke

Plaaslike biblioteke het dikwels nie die middele om broodnodige rekenaars en boeke op ’n gereelde basis aan te skaf nie. Personeel van die Noordwes-Universiteit (NWU) se Biblioteek- en Inligtingsdienste (BID) in Potchefstroom het hierdie behoefte raakgesien en met ’n ruimhartige skenking na die JB Marks-gemeenskapsbiblioteke uitgereik.

Ek stel dit aan u – tweedejaar-Vanderbijlparkstudente die wenners in die NWU Juta Skynverhore

’n Span tweedejaarstudente van die Fakulteit Regte op die Vanderbijlparkkampus van die Noordwes-Universiteit (NWU) is hierdie jaar se wenners in die gewilde jaarlikse NWU Juta Skynverhore-kompetisie wat op 15 Augustus in Potchefstroom plaasgevind het.

Omphemetse Malebese, France Richia, Ayanda Sibisi en Tsitsi Sithole het met die eerste…

Stimulering van kundige dialoog oor ons grense heen

Die Besigheidskool van die Noordwes-Universiteit (NWU) het op 11 Augustus met trots sy eerste formele uitreik-inisiatief vir Afrika in Gaborone, Botswana bekendgestel. Sowat 80 afgevaardigdes van die Botswana-regering, die formele sakesektor en personeel van verskeie universiteite het hierdie luisterryke gebeurtenis…

“Attached to the Soil” ― NWU beleef ’n Fulbright-vakkundige se aangrypende uitstalling

’n Uitstalling wat die hoop en drome saamvat van Suid-Afrikaners wat sedert 1994 in ’n demokratiese land woon, is tans op toer na ses van Suid-Afrika se universiteitskampusse. Lede van die bestuur, personeel en studente van die Noordwes-Universiteit (NWU) het ’n rondstapgeleentheid op die NWU se Potchefstroomkampus bygewoon waar hulle die…