Kersfees het inderdaad vroeg aangebreek

By Sandile Mahlangu

Die NWU Simfonie-orkes het onlangs ’n Christmas Comes Early-konsert by die NWU Sanlam Ouditorium op die Potchefstroomkampus gehou.

Die orkes het die Noordwes-gemeenskap met Kersliedjies en ’n Kersfees-speellys vir die Kersfeesseisoen voorberei.

André Oosthuizen, die orkes se dirigent, sê “die konsert was om die werk te toon waarmee die groep besig is. Om Kersmusiek te speel, is groot pret vir almal wat betrokke is, en ons wou graag ’n lekker, opbeurende konsert aanbied.”

Die konsert het ’n paar bekende klassieke Kersliedjies ingesluit, van A Christmas Festival deur die Amerikaanse komponis Leroy Anderson, tot All I want for Christmas deur Mariah Carey en Walter Afanasieff en selfs ’n komposisie wat plaaslik gekomponeer is, naamlik Somerkersfees.

“Die tema van die konsert was Kersfees, en ek het probeer om die program met so veel verskeidenheid as moontlik saam te stel, en dit sluit die meeste van die baie bekende Kersmusiek in,” sê Oosthuizen.

Die konsert is ook met humor en charisma uitgevoer as ’n manier om die gehoor te betrek. Visuele beelde is op die skerm in die agtergrond geprojekteer om ’n storie te help vertel.

“Ons het deel gevoel van die konsert, ons ’n op ’n reis saamgeneem van die manier waarop die musiek verwerk is en wat die storielyn agter die liedjies is,” sê Lerato Mahau, een van die lede van die gehoor wat opgewonde was oor die gebeurtenis.

Die gehoor het die wonderlike optrede van die orkes waardeer en die uitvoering met ’n staande ovasie toegejuig.

 

...

Die NWU Simfonie-orkes in aksie tydens hulle onlangse konsert.

Submitted on Tue, 11/01/2022 - 10:17