Mensgerigte Stories
René glo dat wonderwerke steeds plaasvind
Om moed op te gee, was nooit ’n opsie vir die 23-jarige René Engelbrecht, wat onlangs haar BEd Grondslagfase-graad aan die Noordwes-Universiteit (NWU) behaal het, nie. Sy het haar graad cum laude verwerf.
Sy is gebore sonder ’n corpus callosum – die massa senuvesels wat die linker-…
Minister stel NWU-direkteur op Waternavorsingskommissie aan
Kundigheid is nodig om water – ’n noodsaaklike en skaars natuurlike hulpbron – te bewaar en te bestuur. Suid-Afrika is ’n relatief droë land en ervaar kritieke uitdagings wat onvoldoende water, probleme met watergehalte, onvoldoende infrastruktuur en inkonsekwente toegang insluit.
Die Waternavorsingskommissie (WNK) speel ’n integrale…
MASARA fokus op musiek en die bewaring van inheemse musiek
Aristoteles het gesê dat musiek die mag het om die karakter te vorm en daarom by die opvoeding van jongmense ingesluit behoort te word. Hierdie aanhaling pas goed by die Noordwes-Universiteit (NWU) se navorsingsnisarea Musiekkunste in Suid-Afrika: Hulpbronne en Toepassings (The Musical Arts in South Africa: Resources and Applications, MASARA…
Gemeenskappe baat by die NWU se ontwikkelingsprojekte
Suid-Afrika ervaar moeilike uitdagings wat vereis dat die volgende geslag universiteitsgegradueerdes opgeleide leiers met uitgebreide vermoëns moet wees om met gemeenskappe saam te werk sodat probleme opgelos kan word en daar verandering kan kom.
Vier projekte van die Noordwes-Universiteit (NWU) wat in vennootskap met gemeenskappe…
Pad the Way-projek ten bate van die gemeenskap
Die GoAllOut-organisasie se studente-afdeling by die Noordwes-Universiteit (NWU) het ’n gemeenskapsdiensprojek, genaamd Pad the Way, geïnisieer.
Die doelwitte van die Pad the Way-projek is om ’n bewustheid te kweek vir die belangrikheid van persoonlike higiëne vir vroue, om menstruasie-armoede hok te slaan, en om regeringsleiers aan te…
NWU help met bewusmaking oor die belangrikheid van slange
Ons as mense word geleer dat ons alle lewende dinge moet respekteer, maar dit kan ’n sensitiewe saak wees as dit by slange kom.
Hierdie reptiele word dikwels as gevaarlike en bose wesens uitgebeeld en dit beïnvloed mense se houding teenoor hulle, wat veroorsaak dat mense nog banger vir hulle is omdat hulle nie baie kennis oor slange het…
NWU gaan groen
Die omgewing sluit alle lewende en nielewende dinge in, en ons kan sien hoe negatiewe impakte die omgewing benadeel. Mense moet die omgewing verstaan, en ook die impak van mense se gedrag wat klimaatsverandering veroorsaak en tot gronderosie, swak luggehalte en ondrinkbare water lei.
Ten einde groter bewustheid oor die omgewing te skep…
Innoveerders geïnspireer om dié navorsing ook te kommersialiseer
Ná ’n week lange residensiële program in die Verenigde Koninkryk het twee innoveerders van die Noordwes-Universiteit (NWU) onlangs met nuwe energie teruggekeer om kommersialisasie op die gebied van die geesteswetenskappe, die kunste en sosiale wetenskappe (HASS) te bevorder.
Prof Henk Louw, ’n medeprofessor in Akademiese Geletterdheid…
Energie-uitdaging is die grootste bedreiging vir ekonomiese prestasie
Die styging in die jaarlikse verbruikersprysinflasie van 7,0% tot 7,1% in Maart was strydig met die markverwagtings, wat was dat die verbruikersprysindeks (VPI) moontlik teen nou ’n matige afname tot ongeveer 6,7% kon getoon het.
Volgens prof Raymond Parsons, ekonoom van die Noordwes-Universiteit (NWU) se Besigheidskool, is voedselpryse…
Fietsryspan bring goud huistoe
Die NWU/CycloDNA-span het besonder goed gevaar by die 2023 Suid-Afrikaanse Nasionale Baan- en Parafietsrykampioenskap. Hulle het binne die eerste twee dae van die gebeurtenis, wat van 1 tot 5 April by die Bellville-fietsrybaan in Kaapstad plaasgevind het, twee goue medaljes gewen.
Prof Pieter Kruger, direkteur van die NWU Sentrum vir…