Mensgerigte Stories
Die Noordwes-Universiteit ondersoek samewerking vir landbou-ingenieurswese
Die Enterprise African Regional Network (EARN) gaan steeds ’n groot faktor wees om jongmense na die landbousektor te lok, aangesien dit entrepreneurs uit Afrika toerus met die kennis en vaardighede wat vir die voedselproduserende bedryf nodig is. African Greeneurs van EARN het op Maandag 5 Februarie 2024 ’n besoek aan die Fakulteit…
R15,456 miljard: Privaat wildjagtery beteken groot geld
Die Suid-Afrikaanse privaat wildjagbedryf is een wat gekoester moet word. Dit is weer eens duidelik gemaak deur navorsing wat uitgevoer is deur die navorsingseenheid vir Toerismenavorsing in Ekonomie, die Omgewing en die Samelewing (TREES), wat deur prof Peet van der Merwe, Andrea Saayman en Elmarie Slabbert uitgevoer is. Die navorsing het…
NWU-alumni en personeel by die seremonie vir lede van die Golden Key-erevereniging vereer
Die erkenning van lede van die Golden Key-erevereniging is ’n buitengewone viering van briljantheid wat die voortreflikste denkers en talentvolste individue vir hulle onwrikbare bydraes tot die Golden Key-vereniging vereer.
Hoewel elke universiteit sy eie bekendstellingseremonie het, bied die Golden Key International Honour Society ’n…
Die ITF se top- junior spelers gaan ’n skouspelagtige tennisgeleentheid aanbied
Die tennisbane op die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit (NWU) gaan weer eens gasheer speel vir van die wêreld se top- junior spelers wanneer twee ITF J100-toernooie hulle eerste houe op 26 Februarie op die bane afslaan.
ITF is die akroniem vir die Internasionale Tennisfederasie, wat die beheerliggaam van wêreldtennis is…
Die Suid-Afrikaanse minibustaxibedryf: ’n Beeld van gevange gebruikers en ’n gebrek aan regulering
Die minibustaxibedryf is – ten spyte van populêre opinie – meer georganiseerd as wat algemeen geglo word.
Die taxibedryf leen homself tot ernstige korrupsie en twyfelagtige wetstoepassingspraktyke, wat die betrokkenes aan ’n baie hoë risiko blootstel.
Die taxibedryf kan wegkom met die verskaffing van substandaard dienste soos…
Waarom ons nie ons vleilande aan hulle lot moet oorlaat nie
’n Gebrek aan ’n bewustheid oor ons vleilande kan katastrofiese gevolge vir Suid-Afrika se biodiversiteit hê. Vleilande speel ’n kritieke rol in die bewaring van biodiversiteit, waterbestuur en die heenkome van gemeenskappe, maar groot landbou-uitbreiding, stedelike ontwikkeling en industriële aktiwiteite beteken dat hierdie noodsaaklike…
CARST straal moontlikhede uit
Navorsing in stralingstegnologie is noodsaaklik vir gevorderde toepassings in die bedryf, om veiligheid te bevorder, doeltreffendheid te verbeter en nuwe tegnologiese innovasies en oplossings moontlik te maak, veral in ’n land soos Suid-Afrika.
Dit is waar die Sentrum vir Toegepaste Stralingswetenskap en -tegnologie (CARST) by die…
Voordeel, Suzanie Pretorius!
Sy naam is Schalk, Schalk Pretorius. En as dit nie vir Schalk Pretorius was nie, was die Noordwes-Universiteit (NWU) ’n tenniskampioen kwyt.
Jare gelede, in die mielieboergemeenskap van Bothaville, besluit ʼn jong Schalk dat hy gaan begin tennis speel. Goed so, sê ma Erika en pa Vickus, tennis sal jy speel. As die een kind speel, sal die…
Martiné Jordaan trek Protea-keurders se aandag
Sy is allermins ’n hemelbesem, en op die netbalbaan word sy dikwels deur wolkekrabbers omring. Hart en durf word egter nie in sentimeters gemeet nie, en die Noordwes-Universiteit (NWU) se Martiné Jordaan is ʼn vuurvreter op die baan soos min.
Selfs so dat sy die keurders van die Protea-span se oog gevang het, en van 22 tot 28 Januarie…
Netbal sweef en floreer by die NWU
Dit is ’n vlugvoetige dans en balle wat met sierlike boë deur die lug vlieg. Dit is ’n tapisserie van spanwerk, saamgeweef deur drade van meedoënlose aanvalle en rotsvaste verdediging. Netbal is ’n sport soos geen ander nie, en een wat die Noordwes-Universiteit (NWU) bemeester het.
Dit was weer eens duidelik uit die magdom NWU-spelers…