Die SIS Eagle-projek word met die bekendstelling van die Nexus CRM-module in gebruik geneem

Die Noordwes-Universiteit (NWU) het op Vrydag 16 Februarie 2024 die eerste fase van die Studente-inligtingstelselprojek (SIS-projek) in gebruik geneem toe dit die module van die NWU se studente-kliëntverhoudingbestuur (Nexus CRM) bekend gestel het, en so ’n nuwe hoofstuk in die geskiedenis van die universiteit ingelui.

Hierdie fase van die SIS Eagle-projek fokus op bemarking, werwing, aansoeke en keuring.  Die universiteit se aansoeksiklus vir 2025 sal op Vrydag 1 April 2024 begin. Terwyl die universiteit ’n betekenisvolle sprong in die Vierde Industriële Revolusie (4IR) gee, het verskeie hooggeplaastes in gebou C1 op die Potchefstroomkampus byeengekom om die projek se eerste mylpaal te gedenk. Verteenoordigers van Anthology, die verskaffer van die sagteware, en personeel van regoor die kampusse het ook virtueel by die viering aangesluit.

Die NWU se projekbestuurder, Erik Marx, het die waarnemende visekanselier en die SIS-beheerkomitee verwelkom en aan hulle erkenning verleen vir hulle bydraes om die sukses van die projek te verseker. “Ons is verheug dat ons by hierdie keerpunt gekom het, en ek wil my dank teenoor almal uitspreek wat ons gehelp het om die begin van die SIS Eagle-projek moontlik te maak,” het hy bygevoeg.

Tydens die bekendstellingsgeleentheid is die vier interfases verduidelik van hoe die SIS-projek benut kan word:

  1. Aanlyn navraag
    Voornemende aansoekers sal hulle belangstelling in universiteitsgeleenthede en aktiwiteite kan toon deur hierdie navraagvorms te gebruik om navrae te rig.

  2. Aansoekportaal
    Voornemende studente kan onder andere registreer, vir studie by die NWU aansoek doen, hulle aansoeke indien, dokumentasie redigeer en hulle status en vordering naspoor.

  3. CRM-stelsel
    Die CRM-stelsel bestaan uit ’n lewende omgewing met werksruimtes wat vir elke personeellid se rol en toestemmings aangepas is. Personeel kan hierdie werksruimtes benut om hulle veldtogte en geleenthede te organiseer, leidrade te bestuur en met aansoekers of studente te skakel.

  4. NWU Student (SIS)
    Hierdie tuisblad dien as die studente-inligtingstelsel wat aan personeel werksruimtes verskaf om met die studente te skakel, vir studenterekords, registrasie, uitslae, rekeninge en verskillende ander funksionaliteite.

Die waarnemende visekanselier, prof Linda du Plessis, adjunk-visekanselier vir Beplanning en Kampusbedrywighede (Vanderbijlparkkampus), het die hoop uitgespreek dat die assosiate en kollegas weer eens volgende jaar ter ere van ’n geslaagde registrasie op ’n nuwe stelsel sal byeenkom.

Jean Stidworthy, direkteur vir Bemarking en Studentewerwing, glo dat die gebruik van die SIS die NWU se studente-ervaring regdeur die waardeketting sal verbeter.     Hy sê: “Die SIS tree op as noodsaaklike versneller vir ons digitalebesigheidstrategie, aangesien dit die NWU-personeel en ‑studente in staat sal stel om aanpasbaar te wees en relevante belanghebbergefokusde platforms te bied om ervarings meer vaartbelyn te maak.”

“Die sleutel tot hierdie bekendstelling is dat ons die universiteit se besigheidstrategie as ’n model gevolg het, wat dit baie makliker gemaak het om vas te stel hoe om vorentoe te gaan,” sê prof Marlene Verhoef, NWU se registrateur en projekborg. Sy het bygevoeg: “Ons verstaan waarheen ons op pad is en die pad waarop ons was, en vandag is die begin van die res van ons lewe as ’n universiteit.”

Die adjunkregistrateur, prof Michael Temane, het ter ondersteuning van haar gesê dat hierdie bekendstelling ’n belegging in die universiteit se toekoms is. Hy het voorts gesê dat die samewerking tussen die NWU en Anthology die standaard vir die toekomstige bedrywighede vir universiteite regoor die land sal stel.

Die SIS Eagle-projek is ongetwyfeld besig om die personeel en studente van die NWU vir die immerveranderende digitale wêreld voor te berei, en met die eerste fase wat alreeds geïmplementeer is, sal die universiteit deurlopend ’n doeltreffende en effektiewe kliëntgesentreerde diens ervaar.

 

SIS project
Vorder saam.

Speakers of the day
Die aangewese sprekers wat hulle waardering vir die projek se eerste mylpaal uitgespreek het.

Robert Balfour

Prof Robert Balfour, die adjunk-visekanselier vir Onderrig en Leer, by die bekendstelling van die Studente-inligtingstelsel se Nexus CRM-module.

Jeffery Mphahlele

Prof Jeffery Mphahlele, adjunk-visekanselier vir Navorsing en Innovasie, streel vir Eagi.

 

Submitted on Wed, 02/21/2024 - 13:27