Natuur- en Landbouwetenskappe Nuus

Plastiekbesoedeling plaas ’n demper op vierings

Daar word geskat dat 10 miljoen klein stukkies plastiek op die grasperk voor die Noordwes-Universiteit (NWU) se Fakulteit Regte in Potchefstroom lê, en die grond op die Fanie du Toit Sportterrein het ook hoë vlakke van plastiekbesoedeling. Dit plaas ’n demper op die vierings wat dikwels in hierdie ruimtes gehou word, en waar…

Kyk na volhoubare landbou om grond te bewaar

Pluimveemis kan boerderypraktyke in Suid-Afrika omkeer, veral vir bestaansboere in landelike gebiede. Dit is een van die navorsingsbevindings van Mandisa Mazibuko, ’n navorser van die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe.  

Haar navorsing ondersoek die effek van pluimveemis op geselekteerde mieliekultivars en grondminerale…

Grootste padda in meer as 100 jaar in Afrika ontdek

ʼn Nuwe Afrika-brulpadda-spesie is in die noordooste van Namibië, die suide van Angola, die suidweste van Zambië en die noordweste van Botswana ontdek.

Dit is die grootste paddaspesie wat in meer as 100 jaar ontdek is.

Die grootste eksemplaar wat al gevind is, is 210 millimeter lank en weeg ʼn allemintige 1 kilogram.

Eers…

Ontmoet ons navorsers

Navorsers van regoor die fakulteite by die Noordwes-Universiteit (NWU) doen opwindende werk op hulle kundigheidsgebiede.

Prof Courtney Cook is 'n medeprofessor en navorser in die Eenheid vir Omgewingswetenskappe en -bestuur in die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe.

Dr Benjamin Rapanyane is 'n senior lektor en hoof…

Vaardighede in KI en masjienleer is nodig om Afrika se waterhulpbronbestuur te verbeter

Water is ’n beperkte natuurlike hulpbron, en vir Afrika om sy bestuur van hierdie hulpbron te verbeter, is dit nodig dat instellings vir hoër onderrig vaardighede in kunsmatige intelligensie (KI) en masjienleer onderrig en omarm.

Dit is een van die gevolgtrekkings van prof Jean-Marie Kileshye Onema, uitvoerende bestuurder vir die Suider…

Waarom ons nie ons vleilande aan hulle lot moet oorlaat nie

’n Gebrek aan ’n bewustheid oor ons vleilande kan katastrofiese gevolge vir Suid-Afrika se biodiversiteit hê. Vleilande speel ’n kritieke rol in die bewaring van biodiversiteit, waterbestuur en die heenkome van gemeenskappe, maar groot landbou-uitbreiding, stedelike ontwikkeling en industriële aktiwiteite beteken dat hierdie noodsaaklike…

Saam in die stratosfeer: NWU, NASA en Princeton Universiteit reik na die sterre met die Super Pressure Balloon-projek

Die National Aeronautics and Space Administration (NASA) het op Donderdag 16 April 2023 die Super Pressure Balloon, wat die Superdrukballon-beeldteleskoop (Super Pressure Balloon Imaging Telescope, SuperBIT) vervoer, gelanseer. Die SuperBIT werk in die stratosfeer op ’n hoogte van 40 kilometer bo seevlak.

Die primêre wetenskaplike doel…

Suid-Afrika steier onder bloedige warm weer

Suid-Afrikaners weet El Niño beteken ’n warm, droë somer, maar klimaatskundiges van die Noordwes-Universiteit (NWU) waarsku dat die El Niño-impak verder as bloot droogte strek – daar is bewyse, hoewel nie beduidend nie, dat dit ook erge weerstoestande en ’n verhoogde risiko vir hittestres kan meebring.

El Niño, ’n wêreldwye…

Gemeenskapsbetrokkenheid neem ’n sentrale plek by die jaarlikse GeeXpo in

Gemeenskapsbetrokkenheid lê die Skool vir Rekenaarwetenskap en Inligtingstelsels by die Noordwes-Universiteit (NWU) na aan die hart, en hulle het onlangs weer die jaarlikse GeeXpo-gebeurtenis georganiseer. 

GeeXpo is ’n tegnologie- en innovasie-uitstalling wat baanbrekernavorsing, produkte en dienste van verskillende bedrywe,…

Ontmoet ons navorsers

Die fakulteite by die Noordwes-Universiteit (NWU) doen opwindende werk op die navorsingsfront.

Prof Philimon Modisha is ’n medeprofessor in die Fakulteit Ingenieurswese en sy navorsing fokus op die stoor van vloeibare organiese waterstof. Sy navorsing word hoofsaaklik uitgevoer by die Departement van Wetenskap en Innovasie se Waterstof…