Ontmoet ons navorsers

Die fakulteite by die Noordwes-Universiteit (NWU) doen opwindende werk op die navorsingsfront.

Prof Philimon Modisha is ’n medeprofessor in die Fakulteit Ingenieurswese en sy navorsing fokus op die stoor van vloeibare organiese waterstof. Sy navorsing word hoofsaaklik uitgevoer by die Departement van Wetenskap en Innovasie se Waterstof Suid-Afrika Infrastruktuursentrum van Bevoegdheid waar die NWU en die Wetenskaplike en Nywerheidsnavorsingsraad medewerkers is.

Dr Gontse Mokwatsi is ’n navorser by die Hipertensie in Afrika-navorsingspan in die Fakulteit Gesondheidswetenskappe. Haar navorsing fokus op die monitering van bloeddruk in die aand en die oggend vir die diagnose en bestuur van hipertensie.

Zama Simamane is ’n dosent en navorser in geografie en omgewingsopvoeding. Sy is tans besig met ’n gesamentlike navorsingsprojek waar sy maniere ondersoek om die opleiding van onderwysers in omgewingsgeregtigheidsbekwaamhede te bevorder. Sy is ook betrokke by ’n navorsingsprojek wat op maatskaplike geregtigheid en gelykheid in geografie-onderwys fokus. Sy ontleed onderrigpraktyke wat in geografie gebruik word om vas te stel hoe dit billike toegang in ’n uiteenlopende studentekorps moontlik maak.

Submitted on Tue, 11/14/2023 - 11:26