Ekonomiese en Bestuurswetenskappe Nuus

Rusland se inval in Oekraïne: wat beteken dit vir Suid-Afrikaanse verbruikers?

Rusland se inval van Oekraïne het skokgolwe regoor die wêreld gestuur en beduidende onsekerheid in wêreldmarkte veroorsaak.

Hoewel ons geografies ver van hierdie strydende lande is, beteken die moderne era van globalisering en sterk integrasie van markte deur handel en finansiële vloei dat Suid-Afrikaners moontlik die uitwerking daarvan…

Die invloed van skokke oor verskafferspryse het ’n toepaslike reaksie vanaf die monetêre beleid nodig

“Met die oorkoepelende balans van ekonomiese risiko’s wat Suid-Afrika tans in die gesig staar, is die oordeel van die Monetêre Beleidskomitee (MBK) dat ’n 25-basispunt-styging tans die regte ding is, hoewel die toon en taal van die MBK-verklaring duidelik aanvallend was.”

Dit is…

Ekonomiese groei is ’n welkome herstel

Suid-Afrika se ekonomiese groei van 1,2% in die vierde kwartaal van 2021 het ’n oorkoepelende positiewe groei van die bruto binnelandse produk (BBP-groei) van 4,9% in 2021 opgelewer, wat ná die rampspoedige -6,4%-groei in 2020’n welkome herstel van die ekonomie is. 

Volgens prof Raymond Parsons, ekonoom van die…

Kundigheid kom na ons mense toe

Die Noordwes-Universiteit se Besigheidskool het hulle eerste Think Tank voor ’n lewendige gehoor in Somerset-Wes gehou waar die Minister van Finansies se nasionale begrotingstoespraak deur ’n paneel kundiges ontleed en bespreek is.

Hierdie inisiatief vorm deel van ’n reeks skakeltoere wat die skool vir 2022 beplan het. Meer as 150 mense…

Breë begrotingstoespraak is positief vir besighede en verbruikers

“In die uitdagende ekonomiese omstandighede het die Minister van Finansies, Enoch Godongwana, getoon dat Suid-Afrika se staatsfinansies in veilige hande is terwyl hy dit in die onmiddellike toekoms na skuldstabiliteit en fiskale volhoubaarheid stuur.”

In sy kommentaar op die 2022-begroting, wat op 23 Februarie gelewer is, sê prof…

SONA 2022: ’n Koersverandering op pad na ekonomiese heropbou en herstel?

President Cyril Ramaphosa het op 10 Februarie 2022 sy sesde staatsrede (SONA) gelewer sedert hy in 2018 tot die amp toegetree het. Dit was ’n toespraak waarvoor daar groot verwagtings was, en het ten doel om die algemene publiek en al die relevante belanghebbers in te lig oor die regering se vordering…

In hierdie studie is die pad vorentoe ongeluksvry

Het jy jou al ooit ’n samelewing ingedink waar daar geen padongelukke is nie? ’n Padomgewing waar motors met mekaar kan skakel en kommunikeer om jou te help om jou besluite op die pad te neem? Wel, dit is onder andere wat dr Thulani Phakathi, ’n onlangse PhD-gegradueerde aan die Noordwes-Universiteit (NWU), deur sy doktorale navorsing beoog.…

Die staatsrede evalueer Suid-Afrika se sosio-ekonomiese uitdagings op ’n realistiese manier

“Die staatsrede wat op 10 Februarie deur president Cyril Ramaphosa aan die Parlement gelewer is, was ’n eerlike en realistiese evaluering van die huidige sosio-ekonomiese uitdagings wat Suid-Afrika in die gesig staar en die dringende behoefte om dit doeltreffend te hanteer.”

NWU nou Adriaan Strauss se MBA-tuiste

Hy was die 56ste Springbokkaptein. ʼn Kanniedood-werkesel wie se blonde kop orals op die veld te sien was. ʼn Beweeglike haker met genoeg wringkrag om ʼn hele rugbyveld vir 80 minute lank om te dolwe. ʼn Leier.

Met die aanvang van Allister Coetzee se era as Springbokafrigter is daar op…

Intellektuele superkragte trek saam …

Die Noordwes-Universiteit (NWU) se Besigheidskool het op Maandag 24 Januarie met die eerste dag van hulle week lange MBA-somerskool begin. Nie minder nie as 125 MBA-studente het by die Stonehenge-venue buite Parys byeengekom, en meer as 70 studente het aanlyn by hulle aangesluit.

Prof Jan van Romburgh, die hoofdirekteur van…