Die invloed van skokke oor verskafferspryse het ’n toepaslike reaksie vanaf die monetêre beleid nodig

“Met die oorkoepelende balans van ekonomiese risiko’s wat Suid-Afrika tans in die gesig staar, is die oordeel van die Monetêre Beleidskomitee (MBK) dat ’n 25-basispunt-styging tans die regte ding is, hoewel die toon en taal van die MBK-verklaring duidelik aanvallend was.”

Dit is die mening van prof Raymond Parsons, ekonoom van die Besigheidskool van die Noordwes-Universiteit (NWU). In sy kommentaar oor die besluit van die MBK van die Suid-Afrikaanse Reserwebank (SARB) op 24 Maart om die repokoers weer eens met nog 25 basispunte te verhoog, sê hy die verdeelde stem van 3-2 deur die MBK die breë bekommernis weerspieël dat huidige verskafferspryse sal lei tot pryse wat ’n momentum van hulle eie verkry, en dat ’n toepaslike reaksie oor monetêre beleid nou nodig is.

“Die MBK-verklaring erken dat die Rusland-Oekraïne-oorlog ’n beduidende nuwe dimensie van onsekerheid vir die monetêre beleid en ekonomiese voorspellings het.  Die MBK-verklaring bevestig dat daar nou inderdaad nuwe stygrisiko’s vir inflasie is, veral ten opsigte van energie- en voedselpryse. Baie sal natuurlik van die duur van die verskaffingskokke afhang en van hoe lank die Rusland-Oekraïne-konflik duur. Daar word nietemin verwag dat brandstof- en voedselpryse gedurende die loop van die jaar verder beduidend gaan styg.”

Prof Parsons wys daarop dat die jongste MBK-besluit nogtans die derde agtereenvolgende verhoging is sedert die SARB in November 2021 begin het met sy siklus om rentekoerse te verhoog om ’n verslegtende inflasievooruitsig te hanteer.

Hy sê ’n kumulatiewe styging in leenkoste van 75 basispunte sedert verlede November, tesame met waarskynlike koersverhogings in die toekoms, noodwendig verbruikersbesteding en besteebare inkomste gaan begin wegkalwe. Hoër brandstofpryse sal ook stadiger groei tot gevolg hê.

“Die MBK se hersiene voorspelling vir beter groei vir 2022 kan dus aan die optimistiese kant wees. Daar word nog steeds besluit of hierdie verwagtings vir beter groei gerealiseer gaan word. As toekomstige rentekoersstygings té aggressief is, sal die risiko van stagflasie verhoog word. ’n Moeilike balans moet gehandhaaf word. As ’n mens vorentoe kyk, is kerninflasie en loongroei die sleutelaanwysers waarna die MBK moet oplet wanneer die tempo van verdere koersverhogings oorweeg word.”

Submitted on Fri, 03/25/2022 - 12:37