Minister van Botswana verwerf sy PhD aan die NWU Besigheidskool

Ons wil graag vir die Minister van Grond- en Watersake van die Republiek van Botswana, dr Kefentse C Mzwinila, gelukwens met sy PhD-graad wat hy op 25 Mei 2022 aan die NWU Besigheidskool verwerf het.                                               

Dr Mzwinila het met ’n BA-graad in Ekonomie en Besigheidsadministrasie, en ’n BSc-graad in Sielkunde aan die Lafayette Kollege in die Verenigde State van Amerika gegradueer.

Hy het ook ’n diploma in Militêre Wetenskap. Hy het ’n MA-graad in Internasionale en Ontwikkelingsekonomie en ’n MSc-graad in Sielkunde aan Yale Universiteit in die Verenigde State van Amerika behaal.

Dr Mzwinila was ’n kommissieoffisier in die Botswana Weermag voordat hy as kliniese sielkundige en konsultant-ekonoom ’n privaat praktyk begin het. Hy is ’n voormalige voorsitter van die Nasionale Jeug en voormalige leier van die Jeugvleuel van die regerende party.

Hy is ook ’n voormalige lid van die sentrale komitee van die Botswana Democratic Party. Hy is ’n voormalige genomineerde raadslid, ’n lid van die parlement, en ’n voormalige assistentminister van Jeug, Sport en Kultuur. Hy dien tans as die Minister van Grond- en Watersake van die Republiek van Botswana.

Volgens prof Joseph Lekunze van die NWU Besigheidskool, wat tydens Mzwinila se studies as sy promotor opgetree het, het sy werk, getiteld “Exploring and developing a framework for knowledge management in the Botswana Water Utility Corporation”, aangevoer dat die land se ekonomiese groei, veral in landbou, mynbou en huishoudelike welstand, grootliks van die behoorlike bestuur van sy waterhulpbronne afhanklik is.

“Hy redeneer dat daar aan die een kant die probleem is van beperkte beskikbaarheid van waterhulpbronne, en aan die ander kant is daar ’n toenemende vraag na waterbronne in die lig van ernstige uitdagings as gevolg van klimaatsverandering. Daar is dus ’n behoefte om ’n raamwerk van kennisbestuur in die Botswana Waternutskorporasie te ontwikkel om beter te kan reageer op hierdie uitdagings wat hulle voordoen,” het prof Lekunze gesê.

Die NWU Besigheidskool wil graag vir dr Mzwinila baie geluk wens met die harde werk en die moeite wat hy met sy studie gedoen het. Ons is bevoorreg om jou as ’n alumnus te hê!  

Prof Joseph Lekunze van die NWU Besigheidskool, en prof A Orkharadia, wat ’n eksterne akademikus is, was die promotors vir dr Mzwinila se PhD.

Submitted on Fri, 05/27/2022 - 16:58