Fakulteite Nuus

NWU was gasheer vir SASCOC-indaba

Die Noordwes-Universiteit (NWU) het tussen 9 en 11 Februarie 2022 gasheer gespeel vir die SASCOC Hoëprestasie-indaba wat by die Sports Village gehou is. SASCOC het hierdie strategiesebeplanningsessie gebruik om die prestasie van die Olimpiese en ander elitespanne van die afgelope vyf jaar in oënskou te neem, en om ’n…

Breë begrotingstoespraak is positief vir besighede en verbruikers

“In die uitdagende ekonomiese omstandighede het die Minister van Finansies, Enoch Godongwana, getoon dat Suid-Afrika se staatsfinansies in veilige hande is terwyl hy dit in die onmiddellike toekoms na skuldstabiliteit en fiskale volhoubaarheid stuur.”

In sy kommentaar op die 2022-begroting, wat op 23 Februarie gelewer is, sê prof…

NWU-sterrekyker help om die wonderlike beelde van ’n magiese kosmiese “vuurwerkvertoning” vas te lê

Dit is vinniger as ’n oogknip, groter as ons hele heelal, en pulseer met ondenkbare intensiteit. Dit is een van die energierykste kosmiese gebeurtenisse wat tot op hede vanaf die aarde waargeneem en vasgelê is – ’n skokgolf wat oor 6,5 miljoen ligjaar strek.

Om hierdie magiese “…

SONA 2022: ’n Koersverandering op pad na ekonomiese heropbou en herstel?

President Cyril Ramaphosa het op 10 Februarie 2022 sy sesde staatsrede (SONA) gelewer sedert hy in 2018 tot die amp toegetree het. Dit was ’n toespraak waarvoor daar groot verwagtings was, en het ten doel om die algemene publiek en al die relevante belanghebbers in te lig oor die regering se vordering…

Wagtye in gesondheidsorg kom onder die loep

Om vir mediese behandeling te wag, kan ’n saak van lewe en dood wees.

“Wagtye in gesondheidsorg is ’n noemenswaardige probleem wat regoor die wêreld voorkom en het dikwels ’n katastrofiese uitwerking – soos ons tydens die Covid-19-pandemie gesien het,” sê Maria van Zyl, ’n dosent in die Skool vir Bedryfsingenieurswese aan die Noordwes-…

Navorser met onlangse B-gradering jaag nuwe probleme oor antieke kulture na

Prof Jaco Gericke het nie ’n ortodokse benadering tot navorsing op sy gebied, antieke kultuur, nie, en in ’n sekere sin het dit soms al teen hom getel. Die gety het egter gedraai, en die feit dat sy werk nie in die hoofstroom van vakkundigheid is nie, kan as ’n voordeel beskou word. Dit het daartoe gelei dat die Nasionale Navorsingstigting (NNS…

Bloedparasiete kom al hoe meer by Afrika-wildehonde voor

Volgens dr Edward Netherlands en sy kollegas van die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe aan die Noordwes-Universiteit (NWU), is daar onlangs aangetoon dat bloedparasiete algemeen by die Afrika-wildehondbevolkings voorkom.

Hulle studie oor bloedparasiete van spesies van Hepatozoon dui aan dat hierdie parasiete algemeen by die Afrika…

In hierdie studie is die pad vorentoe ongeluksvry

Het jy jou al ooit ’n samelewing ingedink waar daar geen padongelukke is nie? ’n Padomgewing waar motors met mekaar kan skakel en kommunikeer om jou te help om jou besluite op die pad te neem? Wel, dit is onder andere wat dr Thulani Phakathi, ’n onlangse PhD-gegradueerde aan die Noordwes-Universiteit (NWU), deur sy doktorale navorsing beoog.…

Topdienstoekenning vir NWU-sterrekundige

​Die Royal Astronomical Society (RAS) van die Verenigde Koninkryk het sy 2022-dienstoekenning vir astronomie aan prof Don Kurtz toegeken.

Die RAS sê in ’n verklaring: “Prof Donald Kurtz het ’n lewenslange toewyding aan openbare uitreikprogramme met ’n roemryke navorsingsloopbaan gekombineer.”

Hy het van 2010 tot 2020 meer as 300…

#theArtofResearch – maak gesondheidsorg meer toeganklik

Dis geen geheim dat die Hipertensie in Afrika-navorsingspan (HART) by die Noordwes-Universiteit (NWU) aan die voorpunt van intensiewe navorsing is nie. Hulle het weer eens oor die afgelope jaar gedemonstreer dat hulle missie is om navorsing te doen wat talle gesondheidsverwante probleme kan oplos wat jonk en oud affekteer.  

HART-…